Daar’s ’n eenvoudige en maklike oplossing om jou bed – die mees gebruikte meubelstuk in jou huis – skoon, droog, higiënies en vry van allergene en stofmyte te hou.

KINDERS EN TROETELDIERE SAAM OP DIE BED?

Die lugdeurlatende en 100% waterdigte Protect-A-Bed-matrasbeskermer keer dat vloeistowwe soos sweet, speeksel, urine en glipse met kos jou matras binnedring. Dit elimineer reuke en vlekke en voorkom skimmel- en bakteriële groei. Omdat dit asemhaal, sal jy glad nie warm en sweterig voel nie.

SUKKEL JY MET ’N STOFMYTALLERGIE?

Omdat Protect-A-Bed waterdig is, is dit ook bestand teen stofmyte. Dit beperk mense se blootstelling aan dié parasiet, een van die voorste oorsake van allergiese rinitis en asma, terwyl hulle slaap.

OP SOEK NA ’N EENVOUDIGE OPLOSSING?

Danksy die Protect-A-Bedmatrasbeskermer se paslaken-ontwerp is dit vinnig en maklik om oor ’n matras te trek en af te haal. Gooi dit op wasdag eenvoudig saam met die res van jou linne in die masjien en maak dit droog in die son óf in jou tuimeldroër.

VOORDELE
  • 100% waterdig
  • 100% lugdeurlatend
  • Hipoallergenies
  • Uiters absorberend
  • Tjoepstil

KRY JOUNE NOU!

Skandeer dié kode en sien ons spesiale aanbod vir Tuis-lesers.

Volg Protect-A-Bed op Facebook, besoek www.protectabed.co.za of kontak hulle by 0800 775 775.