Die kombuis is die hart van die huis, want hier word gekook, gekuier en herinneringe geskep. Dit kan egter oorweldigend wees om kombuisverbeteringe op jou eie aan te pak. Ons is hier om die proses makliker en lekkerder te maak met Welkom tuis, Tuis se ontwerpdiens wat vir jou tyd, moeite en geld spaar – alles in een boks!

Kies uit drie pakkette wat jou behoeftes en begroting die beste pas. ’n Professionele ontwerper sal jou spesifieke boks vir jou saamstel, met pasgemaakte vloerplanne, voorbeeldmonsters van materiale vir bv. jou toonbankoppervlak, sowel as verfmoontlikhede en ’n lys meubels om jou ruimte te omskep.

Besoek welcomehome.co.za vir meer inligting. (Klik bo regs in die hoek om die blad in Afrikaans te lees.) + Kry tot 15% afslag op alles wat jy by uitgesoekte vennote koop.

Die boks betaal dus homself! Pakkette begin by R2 999*

*E-Lite-pakket