Het jy geweet die huise en karretjies wat jou kind in sy verbeelding skep, kan nou omskep word in regte, egte 3D speelgoed waarmee hy kan speel? 

Sketsdorp-Papierkuns is een van die aktiwiteite by Future Park, ’n futuristiese uitstalling wat Huisgenoot, YOU en DRUM na Suid-Afrika bring. Prente wat in Sketsdorp-Papierkuns geteken word, word geskandeer en so gedruk dat jy dit kan vou om ’n speelding te maak.

Die hele proses leer kinders hoe ’n 2D skets in ’n 3D voorwerp kan verander, en dit help hulle om ruimtelike perspektief beter te verstaan. Kinders leer dus die grens tussen die digitale en die fisieke wêreld oorsteek. En omdat kinders moet uitpluis waar om te knip, vou en plak, word hul probleemoplossingsvaardighede en logiese denke bevorder. 

En die beste van alles? Dis nie net opvoedkundig nie; dis pure pret! Min dinge is so opwindend soos wanneer jy sien hoe jou ontwerp gestalte kry.

So werk dit


Dis boonop nie al nie. By Future Park word verskeie aktiwiteite aangebied en elkeen werk anders.

By die Sketsakwarium word kinders se inkleurprente van visse en ander seediere geskandeer en in ’n virtuele akwarium geprojekteer. Die visse reageer wanneer iemand hulle aanraak en swem nader om te “eet” wanneer hulle “kos” kry. Dit bevorder kreatiwiteit, respek vir diversiteit en belangstelling in tegnologie en bemagtig kinders om hul unieke idees uit te druk. 

By Eenbeentjie vir Slimmes verken kinders verskillende vorms soos hulle van die een na die ander spring en sien hoe dit van kleur en klank verander. Dit moedig dit hulle aan om saam te werk en ruimtelike bewustheid te ontwikkel. 

Die Ligbalorkes is ’n vertrek vol groot balle wat van kleur en klank verander soos dit rondrol en teen mekaar bots. 

In Verbind! Blikkiesdorp ry motors en treine op digitaal geprojekteerde paaie en spore wat met fisieke houtblokke verbind word. Kinders kan die blokke rondskuif om ’n dorp te skep waarvan hulle die uitleg en verkeersvloei kan verander. 

Op die Tafel Waar Klein Mensies Woon sit of staan kinders om ’n interaktiewe tafelbladskerm waarop figuurtjies rondhardloop. Die figuurtjies reageer op voorwerpe (soos jou hande) wat op die tafel geplaas word deur oor dit te klim of daarteen vas te hardloop. Dit bevorder kinders se patroonherkenning, logiese denke, kreatiwiteit en begrip van fisikawette, soos aantrekkingskrag. 

Sketsdorp werk soos die Sketsakwarium: Die treine, karre en geboue wat kinders inkleur, word geskandeer en ry dan in ’n virtuele dorp rond.

Die Storie van Tyd leer kinders meer oor simbole en stories. Wanneer ’n mens aan die simbole op die skerm raak, verander dit in die beelde wat dit voorstel. Namate die prente geskep word, vorm ’n storie.  

Een van die uitsonderlike eienskappe van die uitstalling is dat dit elke keer anders lyk, want die besoekers se kunswerke bepaal wat op die mure geprojekteer word en hoe jy dit dus ervaar. Gaan gerus na futureparksa.co.za om nog te sien! 

Waar en wanneer?

Future Park word deur Huisgenoot, YOU en Drum aangebied. Dit sal van 23 September 2017 tot 31 Januarie 2018 by die Watershed in die V&A Waterfront in Kaapstad te sien wees. Daarna skuif dit na Johannesburg. 

Kaartjiepryse 

Enkel: R130.
Gesin van vier: R460.
Pensioentrekkers en studente: R115.
Kaartjies is by Computicket te koop.