Lus om Huisgenoot se aanlyn blokraaie GRATIS te toets? Jy kan! Klik net hier.

Huisgenoot se papierweergawe blokraaie is al dekades lank gewild, maar nou kan jy aanlyn blokraaie invul by huisgenootraaisels.co.za op jou selfoon, tablet of skootrekenaar.

Watter raaisels in Huisgenoot is jou gunstelinge? Is jy verslaaf aan blokraaie, of verkies jy sudoku’s? Of geniet jy dit om soos ’n speurder ’n koderaaisel op te los of om ’n woordsoek te fynkam tot jy ál die versteekte woorde daarin gevind het.

Jy kan blokraaie, woordsoek, sudoku’s en koderaaisels alles aanlyn kry, en boonop met lekker interaktiewe funksies.

Haak jy vas? Klik op die knoppie wat vir jou ’n letter of woord gee. As jy vermoed jy het iewers ’n fout gemaak, vra die program om vir jou te wys watter letters verkeerd ingevul is.

Speel die eerste 3 blokraaie gratis

• ’n Vinnige blokraai

• ’n Woordsoek

• ’n Maklike sudoku

Hoe maak jy?

1. Gaan na huisgenootraaisels.co.za

2. Op die hoofblad, klik op die rooi balkie waarop staan “klik en koop”.

3. Die heel boonste pakket is gemerk “drie gratis raaisels”.

4. Klik daarop en speel.

Dis lekker, nè?