Danksy ons nuwe Kortpadkos-resepteklub kan jy net wegspring en kook, want ons het klaar die beplanning gedoen.

Kyk elke weeksdag om 12:45 op Facebook vir die resep van die dag, vra vrae in die kommentaarveld, maak voorstelle vir ander tuiskokke, en deel selfs ’n foto of twee! Johané Neilson, Tuis se kosredakteur, staan gereed met antwoorde. En danksy kort video’s is inspirasie net ’n klik ver.

Klik hier om aan te sluit by die groep. En kook saam! Ons stel dié klub bekend in vennootskap met SA Pork, wat elke Vrydag ’n varkvleisresep sal deel. Maar verwag ook ander geregte – selfs bykosse en poedings – elke dag van die week.