Met Suid-Afrikaners oral oor steeds “op hok” weens die Corona-pandemie, het die Tuis-redaksie besluit om ’n bietjie te eksperimenteer met interessante kykstof. Ons noem dit Tuis TV, ’n gesprek tussen my en kenners in die mooimaakbedryf wat raad gee en meer vertel oor hul produkte. 

Ons skop af met Nadine Vosloo van Tjhoko Paint, als opgeneem op ons rekenaars waar ons al twee veilig in ons eie huise sit. Lekker kyk, en enige terugvoer welkom… Wicus (Ns. Episode 2 volg binnekort… Meer oor wie die gas is later.)