1 SKEP EN INNOVEER!

WIE Jana Leonard

WAAR Durbanville, Kaapstad

BESIGHEID Baskiti

HAAR WERK Gedurende die eerste 21-dag-inperking weens Covid-19 het Jana Leonard se 14 maande oue seun haar groente vir balspeletjies gebruik! Jana se oplossing was Baskiti, ’n lieflike reeks bêre-hangmandjies (R290 elk). Dié handgeweefde mandjies is ontwerp met ’n handvatsel, plat rugkant en boepens-lyf met baie spasie; dis nuttig vir verskeie doeleindes, soos om groente, badspeelgoed of braaitange in te bêre, of selfs as winkelmandjie! Die Baskiti-reeks sluit mandjie-ekstras in, asook muurhake (R85–R325) waaraan jy die mandjies (of net wat jy wil) kan ophang. Sien meer by Instagram.com/baskiti_cpt.

2 Slim Steady-plantbak van poeierbedekte staal (80 cm H x 80 cm L x 16 cm D) R1999, Iconomy

3 Geel katoenkussing (40 x 40 cm) R69,99, Sheet Street; Lesego Multi-buitekussing (78 x 78 cm) R999, @home

1 Kleurkoors

Die kleurkenners by Dulux het Brave Ground™ onthul as die Kleur van die Jaar vir 2021. “Hierdie warm, aardse kleur bied ’n stewige grondslag om verandering op te vestig. Brave Ground lei ons terug na die natuur, na eenvoudige dinge,” sê Palesa Ramaisa, kleurkonsultant by Dulux. “Op sy eie staan dit uit as ’n lieflike, sterk neutrale skakering; dit kan ook só gebruik word dat dit ander kleure in die kollig plaas. Dié aardse, bemagtigende kleur ontlok veiligheid, groei en potensiaal, en help ons om ruimtes te skep wat ons met moed vervul.”

2 Sea Life-dienbord van melamien (41 x 30,5 cm) R229, Woolworths

3 Acapulco-stoel R999,99, MRP Home

4 Stel van drie poeierbedekte sagtestaal-potrakke (11 cm D) R299, Iconomy

5 Coricraft se gewilde Milly-bekleedsel, wat net soos linne lyk en voel, is in drie nuwe kleurskemas te kry: Teal, Mustard (op die foto) en Grey. Die Milly-versameling is ideaal vir los oortreksels aangesien dit duursaam, kleurvas en masjienwasbaar is. Die materiaal werk ook goed vir ten volle gestoffeerde banke, bedkopstukke, eetkamerstoele en ottomans. Loer gerus by coricraft.co.za.

1 Elementary-buitemat in die kleur Marine (200 x 290 cm) R4300, Hertex

2 ARK Workshop-dekstoel van meranti met lapsitplek van jou keuse R1970, Summerhouse Fabrics

3 Die nuwe Nature’s Valley-lapreeks van Hertex (140 cm B; R550/m) is geïnspireer deur ons sonnige klimaat en gedruk op topgehalte-dralon, wat dit kleurvas en duursaam maak – ideaal vir gebruik buite. Die kleurryke dog gesofistikeerde ontwerpe gedenk die Suid-Afrikaanse kuslyn en sal enige stoep, dek of sonkamer opvrolik. a Plett in die kleur Rock b Thesen Island in die kleur Deep Sea c Tsitsikamma in die kleur Day

4 Barrique-opvoustoel van kiaat en epoksi-bedekte staal (45 cm B x 50 cm D x 87 cm H) R1420, Patio Warehouse

5 Pret met plakpapier SophiaHelen Design Studio se reeks kleurryke botaniese plakpapier (1,35 m B; R600/m) spog met handgeverfde blomontwerpe geïnspireer deur ’n liefde vir die natuurlewe, en word plaaslik gemaak. Elke afdruk kan aangepas word in kleure na jou smaak, of kies ’n plak-gereed strook (2,7 x 1,3 m; vanaf R2100). Besoek sophiahelen.com.

1 Groen muurlantern met opaal glas R765, Eagle Lighting

2 Kindermeubels van die Deense handelsmerk Flexa het pas in Suid-Afrika aangekom! Flexa se versamelings vergestalt die idee van aanpasbaarheid, sodat elke meubelstuk – hetsy ’n bed, lessenaar of kas – saam met sy jong eienaar kan ontwikkel. Danksy sogenaamd “metamorfe” meubels en hardwerkende bêre-oplossings kan kinders én hul ouers staatmaak op ’n lewenslange metgesel. Sien meer by flexaworld.com/en-za.

3 ’n Tweekuns Mali Langa, ’n interieurstilis, het met die graffiti-kunstenaar Serge One saamgewerk vir ’n vars huisware-reeks, beskikbaar by Task Interior Styling. Ons is dol oor die Galaxy-strooikussing (45 x 45cm; R650) en Galaxy Rabbit Ear-kussing (55 x 55cm; R650) gevul met vere en geblaasde vesel. Sien die versameling by taskinteriorstyling-shop.co.za.

4 Jefferson-eettafel van soliede eikehout (2,4 x 1 m) R19 999, Coricraft

5 Sprung se Ring of Fire-vuurput, ’n stylvolle toevoeging tot enige buiteruimte (vanaf R5 525) word gemaak van 3 mm-koolstofstaal met ’n industriële vuurbestande swart afronding. Danksy ’n garapa-hardehoutblad met poeierbedekte vlekvryestaal- handvatsels word die put ’n tafel op dae dat die braaier kombuisdiens doen... Kyk ook by sprung.co.za.

6 Retro-herlewing Madeko Furniture Design het gedurende die inperking ontstaan as hartsprojek van die ontwerper Marco de Koker. Ons hou veral van sy interpretasie van toeka se draadmeubels! Dié Retro Garden Side Table & Chairs-stel (R10200), te kry in wit, houtskool en swart, word gemaak van sagte staal wat behandel is met ’n roesstremmende onderlaag en afgerond met ’n UV-poeierbedekking. Besoek Instagram.com/madeko.za.