1 Stel van drie muurhake van soliede eikehout (8 cm D) R450, Deft Studios

2 Wit Caroline-skuurdeur met groewe (2100 mm H x 920 mm B) R2699, Builders

3 Die plaaslike kunstenaar Hermien van der Merwe se skeppings is die jongste toevoeging tot Cara Saven Wall Design se CS&Co-plakpapierreeks. Dis versier met allerlei plante uit die fynbosryk en vorm die allermooiste agtergrond in enige leefruimte. Sien meer by carasaven.com/csandco.

4 Die Craft Cupboard is Milestone Kitchens se lieflike oplossing vir kreatiewe siele, met plek vir al jou naaldwerk-, handwerk- en stokperdjie-benodigdhede netjies bymekaar. Dis oorspronklik ontwerp as naaldwerkkas, maar kan aangepas word vir wat ook al jou skeppende hande laat jeuk. Die Craft Cupboard is te kry in al drie Milestone Kitchens-reekse (African Allure, French Flair en Swedish Style) en enige kleur na jou smaak. Besoek milestonekitchens.co.za vir meer besonderhede.

5 SKEP EN VERNUWE!

WIE Wendy Viola

WAAR Kaapstad

BESIGHEID Muddy Jane

HAAR WERK Nadat Wendy Viola die korporatiewe wêreld vaarwel geroep het, het sy lank met die idee gespeel om haar eie onderneming te bedryf. In 2020 het sy Muddy Jane gestig en kon sy uiteindelik haar lewenslange passie volg en iets spesiaals deur middel van fotografie skep. Muddy Jane fokus op tekstiele, kombuisware en dekorbykomstighede met oorspronklike ontwerpe – almal gebaseer op Wendy se foto’s.

“Ek put inspirasie uit die alledaagse lewe, die natuurskoon op ons drumpel en nuwe insigte soos gesien deur my kameralens,” verduidelik sy. Muddy Jane se lieflike natuurlike lap word met ekovriendelike ink bedruk en is te kry in die vorm van voorskote, vadoeke, tafellinne, strooikussings en bykomstighede. Sien meer by muddyjane.com

1 Hierdie handgemaakte teëls van Akashic Tiles is net beeldskoon! Dis geglasuur, het ’n lieflike tekstuur en word op bestelling vervaardig. Maak ’n stelling met een van hul treffende patrone; die hele reeks is aanlyn te sien by akashictiles.co.za. How Deep is the Ocean in Amazon Green (R2280/m²) Welcome to the Jungle in Amazon Green (R2280/m²)

2 Retro-kanttafel met natuurlike afwerking (50,5 cm L x 39 cm B x 47,6 cm H) R1800, Mr Price Home

3 Sedert die Covid-19-pandemie mense oor die wêreld heen ingeperk het, wil almal nou orde skep en regpak. Daarom bring die plaaslike handelaar @home nou die Netflix-sensasie The Home Edit se reeks veeldoelige bêre-opsies na Suid-Afrika. Kry alles wat jy nodig het vir ’n netjiese spens, badkamer en alles tussenin. Kyk wat is alles beskikbaar by home.co.za.

4 Wegner Wishbone-replika-kafeestoel in Green (50cm L x 53,5 cm B x 78cm H) R995, Elevenpast

5 Uit Lapland Iets nuuts van Orms Print Room & Framing is FORM, ’n reeks natuurlike tekstiele (vanaf R500/m, afhangende van jou materiaal-keuse) met ontwerpe deur opkomende en gevestigde plaaslike kunstenaars. Die versameling, wat op materiale soos hennep, suiwer katoen en linne gedruk word, sluit honderde opsies in. Ons hou veral van die Botany-reeks wat spog met blomme, swamme en ander botaniese ontwerpe. Besoek ormsprintroom.co.za. A Isobel Smit IS01 B Cindy Pretorius CP11 C Daniela Visser DV08 

1 Skakel oor! Lumen8 se pasgemaakte ligskakelaars en muursokke is in allerlei afwerkings te kry sodat dit by enige argitektuur- en dekorstyl kan inskakel – van Frans provensaals tot modern stedelik. Jy kan jou eie pasgemaakte skakelaars en sokke tot die fynste besonderhede ontwerp. Ons hou van die Element-reeks met sy ronde rande en weelderige detail in ’n verouderde koper-afwerking. Besoek lumen8.co.za.

2 A Oortreksel bedruk met fynbosblomme (48 x 48 cm) R420 B Aloe Java- bedrukte oortreksel (48 x 48 cm) R440 C Oortreksel met proteas en fynbosblomme (48 x 48 cm) R470 Al drie van Pudding and Pickles.

3 KLIK EN KIES AANLYN Die span by Italtile het nou ’n splinternuwe hulpmiddel, uView, wat voornemende klante help om te visualiseer hoe enigeen van dié verskaffer se teëlreekse in hulle huis sal lyk. Kies eenvoudig ’n teël, neem ’n foto van jou ruimte en kyk hoe die virtuele installasie lyk voordat jy jou sak skud. Sien italtile.co.za.

4 Ons is smoorverlief op K.Light se stylvolle nuwe reeks riffelglas-hanglampe – veral hierdie Athena-lamp van amberkleurige geslypte glas en antieke koper (R1242). Dié nommertjie in ’n vintage-styl kom in twee ontwerpe en drie kleure. Kyk by klight.co.za.

5 Hierdie afgewitte rottangware van Checkers is nie net mooi nie, maar ook prakties! 1 Bamboo-rottangplekmat R119,99 2 Full Centre-rottangbak R189,99 3 Ronde rottangskinkbord R199,99 4 Bamboo-rottangdrupmatjies (stel van 4) R189,99.