1 Isadore, die nuutste ontwerp in Lemon se plakpapierreeks The Artist’s Story, is geskep deur die kunstenaar en illustreerder Ronelle Pienaar Jenkin. Dis ’n gestileerde interpretasie van weerbarstige bougainvilleas, geïnspireer deur verlore liefde tydens die vroeë 1900’s in Italië. Dit word digitaal op papier of viniel gedruk en in rolle verkoop. Besoek lemoncollection.co.za vir meer.
2 Bedrukte Waratah Protea-kussing (55 x 55 cm) R179.99, mrphome.com
3 Kleurryke Sixth Floor Symbol-ottoman (95% katoen, 5% poliëster) R1 299, superbalist.com