1. SKEP EN INNOVEER!

WIE Kendall Giles

WAAR Kaapstad

BESIGHEID Keniken

HAAR WERK Kendall Giles is die kreatiewe brein agter dié kontemporêre versameling tafellinne wat met die hand op suiwer katoen geskermdruk word. Die ontwerpe is geïnspireer deur die pragtige fauna en flora van die Kaap, met motiewe van onder meer proteas, speldekussings, bye en suikerbekkies, alles gedruk op agtergronde in verskillende kleure, insluitend swart, mosgroen, grys, goud op swart en swart op taan.

Die reeks sluit servette in stelle van vier, tafellopers, tafeldoeke, vadoeke en voorskote in. Kendall het haar versameling onlangs uitgebrei en ’n reeks versierde keramiekbykomstighede bekendgestel met haar unieke ontwerpe, sowel as beursies, wynsakke en sagte houers wat ideaal is vir potplante en kruie.

Besoek keniken.co.za vir meer.

2 PRAKTIESE PAKPLEK

Die nuwe Simply Stored-reeks van @home sal jou help om elke vertrek netjies te hou. Bêre losgoed uit die oog in natuurlike geweefde mandjies, hou jou kombuis skoon met stapelbare spens- en yskasorganiseerders, of skep rustigheid in die slaapkamer en badkamer met sederhout-hangers en organiseerders vir jou skoonheidsprodukte. Sien die hele reeks by home.co.za.

3 Babylonstoren se nuwe reeks fynbos-matte (200 x 200 cm, R8 500 elk) is geïnspireer deur die Kaapse blommeryk en bring die natuur na binne. Met sy wildefynbos-ontwerp bring hierdie mat warmte en lewe in enige vertrek. Koop aanlyn by shop.babylonstoren.com

Het jy nuwe strooikussings nodig? Knus het ’n reeks oortreksels met ’n handgeborduurde ontwerp wat met ’n ponssteek-tegniek aangebring is. Dis gemaak van suiwer katoentou en is beskikbaar in ’n reeks kleure en ontwerpe met ’n natuurlike rugkant. Sien meer by knus.co.

1 Terracotta Ndebele-oortreksel met ponsnaald-patroon (50 x 30 cm) R440

2 Oortreksel met ponsnaald-patroon 4 (40 x 30 cm) R615

3 KAS-KENADES

Holly Wood Kitchens and Furniture het nou ’n aanlynwinkel waar jy van hul gewildste ontwerpe – kombuiskaste, wasbakkaste, bêreplek, lessenaars, sitplek en hul gewilde slagtersblokke – kan bestel. Op die webwerf kry kopers die volle Holly Wood-ervaring met die opsie om kleure, blaaie en groottes self te kies. Ons hou van die Scandi Oak-uitstalkas (2 100 x 600 mm; R13 230) en die Solid Oak-stoeltjie met ’n rugleuning (R2 806).Sien hollywoodfurniture.co.za.

1 Die nuwe Esala-reeks van Scion is ’n viering van vreugdevolle kleur en ’n samesmelting van patrone, motiewe en effe kleure. Ons is gaande oor die Padukka-plakpapier (R1 641 per rol; 52 x 1 005 cm) met sy helder spatsels kleur, beskikbaar in Flamenco, Tangerineen Twilight. Kry dit by St Leger & Viney; sien meer by stleger.co.za.

2 Dié gemaklike stoel (900 x 900 x 750 mm; R12 500) van Meuble Fine Furniture, gemaak van soliede essenhout met fluweelkussings, is perfek vir opkrul op ’n koue winterdag. Besoek meuble.store.

3 Artisanal Spanish Mali-glasvaas (klein) R250, Haus

4 Kia-ottoman van fluweel in Forest Green (38 cm) R199, Decofurn

Hou jou kaggelhout netjies bymekaar met dié stylvolle oplossings:

1 Leersakkie (400 x 400 x 450 mm) R550, Incanda

2 Eva Solo-houer (62 cm D) R1 469, Yuppiechef

3 Arcade-staalhouer R663, Leroy Merlin

1 Planthouer met geribde voetstuk (klein) R99,99, MRP Home

2 Glasvaas met koperdop (10,5 x 30 cm) R249, @home

3 Polihars-beeld in arend-posisie (12 x 28 cm) R299, @home

4 Wallroom se swewende, muurgemonteerde TV-eenhede bied ’n stylvolle agtergrond vir jou TV en ’n praktiese oplossing vir wanneer jy onooglike kabels en stutte wil wegsteek. Alle ontwerpe (vanaf R6 450) is beskikbaar in ’n houtfineer of Melawood-afwerking, en in ’n verskeidenheid kleure en laai/rak-kombinasies. Besoek wallroom.co.za.

1 Ambient Light-LUD-lampe R299 elk, Woolworths

2 Matisse- seshoekige mosaïek-glasteëls (290 x 350 mm) R79,90 per vel, CTM

3 Protea-strooikussing R119, Sheet Street

4 Keramiek-lantern met uitsnydetail (18,7 cm) R250, Woolworths

5 Mini-vetplant in metaalraam R119,99, MRP Home

Met inspirasie uit tradisionele indigo-kleurtegnieke sal dié pragtige lap van suiwer katoen (R250/m) van Design Team jou leefruimtes ’n rustige atmosfeer gee.

1 Indigo Pebble

2 Indigo Spine

3 Indigo Star

VERSKAFFERS

@home 0860 834 834

Builders 0860 284 533

CTM 0800 010 810

Decofurn 087 740 1800

Haus 0860 437 839

Incanda Furniture 021 863 1965

Knus

Leroy Merlin 010 493 8000

MRP Home 0800 212 535

Sheet Street 0800 212 535

Yuppiechef 021 702 4969

Woolworths 0860 022 002