1. Iets uit niets

WIE Bernard Swart

WAAR Centurion, Gauteng

BESIGHEID Afrithorn

SY WERK Bernard Swart, ’n geoktrooieerde rekenmeester, het eendag tydens ’n staptog in die Waterberg afgekom op ’n boomstomp wat ná ’n oorstroming uitgespoel het – en net daar het die inspirasie hom getref. “Ek het geweet dié stomp het die potensiaal om ’n pragtige meubelstuk te word – trouens, dit kon selfs ’n kunswerk wees!”

Hy het aan die werk gespring, en die kreatiewe proses só geniet dat hy besluit het om sy stokperdjie, houtwerk, in ’n besigheid te omskep. So is Afrithorn toe in 2018 gebore. Bernard maak ’n verskeidenheid dekorstukke, waaronder lampe, kandelabers, kanttafels en eetkamer­tafels. Met sy ontwerpe benut hy die natuurlike fatsoen en onvolmaakthede van die hout ten beste. Al sy meubels word behandel met ’n plaagdoder, gevolg deur ’n waterbasis-verseëlaar om dit teen vog te beskerm. Sien Bernard se produkreeks by afrithorn.com.

2. Uit Lapland

Haus het ’n nuwe versameling genaamd Jan, ’n reeks stemmingsvolle huisware soos tafeldoeke, vadoeke en eetgereistelle (R220 tot R1 200). Die dramatiese afdrukke is gestileer en afgeneem deur Suid-Afrika se Michelin-sjef Jan Hendrik van der Westhuizen en sy span; dit word in Europa gedruk en plaaslik gestik. Kry joune by Haus-winkels of aanlyn by hertexhaus.co.za.

3. Op die vloer

In/Out Technology Tiles spog met ’n innoverende ontwerp – danksy ’n slim vervaardigings­proses is die teëls mat wanneer dit droog is en glyvas wanneer dit nat is. Die teëls word gemaak met ’n spesiale glasuurlaag, wat beteken dit bly glyvas; daar’s geen chemiese produk of bymiddel wat later vervang of weer aangewend hoef te word nie. Dié reeks, net by WOMAG te kry, het pragtige opsies met ’n hout-, klip- en marmervoorkoms (vanaf R380/m2) wat pragtige ontwerp en praktiese oorwegings naatloos kombineer. Sien womag.co.za.

1. Dis die blou

Ons is gaande oor dié mooi nuwe kleur van die krytverf-kenner Annie Sloan. Oxford Navy is ’n diep inkblou, en kry sy naam van die Universiteit van Oxford se stylvolle wapen. Kry dit by Annie Sloan-verskaffers landwyd.

2. Local is lekker!

Vang die oog met dié lampskerm van berkehout (80 cm D; R8 775) van WERK_,  ’n gemeenskaps­platform in Nelson Mandela­baai wat lewens wil verbeter deur opleiding, ontwikkeling, internskappe en werkskepping. Sien hul hele beligting-en- dekorreeks by werkspace.co.za.

3. Wild en wakker!

Sit heerlik agteroor in dié stylvolle dekstoel (R1 500) uit Love Milo se nuwe Wildcat-versameling; daar is ook bêremandjies, servette, piekniekkomberse, strooikussings en drasakke in die reeks. Besoek lovemilo.com vir nog.

1. WINKELS TOE

Mobelli Furniture + Living het onlangs sy eerste vlagskip-konsepwinkel oopgemaak in Afrika se grootste winkelsentrum – Fourways Mall in Johannesburg. 

Mobelli hou ’n groot verskeidenheid meubels vir binne én buite aan. Die konsepwinkel het inspirerende vertrek-uitstallings, en ’n area waar jy die nuutste toevoegings tot hul aanbod kan sien. Sien meer by mobelli.co.za.

2. Warm kopie Handgeverfde plantpot (14 x 13 cm; R199) poetrystores.co.za.

3. St Leger & Viney het met Supreme Furniture Manufacturers saamgewerk vir ’n reeks rusbanke met los oortreksels gemaak van hul Urban Linen-lap. Dit kom in groottes van 2,1 m of 2,6 m, en in pragtige kleure soos borriegeel, vlootblou en houtskool. Kry joune nou teen ’n spesiale bekendstellingsprys (vanaf R9990, wat ’n paar strooikussings insluit). Besoek St Leger & Viney se toonlokaal in Woodstock, of The Showroom by Supreme Furniture Manufacturers, Randweg 1, Plankenbrug, Stellenbosch.

Hoe mooi is dié porselein-muurteëls van Italtile?

Die Vita Sole Mix-reeks (200 x 200 mm; R890/m2) bring hulde aan die landskap, plante en geure rondom die Middellandse See. Met 37 ontwerpe om uit te kies, kan jy na hartelus meng en pas. Besoek italtile.co.za vir inligting.