1. SKEP EN INNOVEER

WIE Zelda van der Walt

WAAR Newcastle, KwaZulu-Natal

BESIGHEID Blokk

HAAR WERK Wat vir Zelda as ’n stokperdjie begin het, het twee jaar gelede ’n besigheid geword nadat al hoe meer vriende en familie gevra het vir haar handgemaakte houtteëls. “Dié kamma-teëls is versier met ’n verskeidenheid materiale, soos beton en verf, asook oordragmotiewe. Elke teël is met die hand gemaak en het ’n mat afwerking, wat die teëls ’n vintage-gevoel gee,” verduidelik sy.

Die ontwerpe verander heeltyd en die versamelings word gereeld bygewerk; jy kan een teël (vanaf R95) koop, of ’n hele paar meng en pas vir ’n besonderse kunswerk. Blokk, wat by kuns- en kunsvlyt-feeste begin handel dryf het, het nou ook ’n aanlynwinkel, wat beteken jy kan dié handgemaakte mooigoed enige plek in Suid-Afrika koop. Sien die hele versameling by blokktiles.com.

2 Plascon se nuwe palet vir die winter bring hulde aan die skoonheid van die natuur met strelende bloue, goudgeel skakerings en aardse rooie, soos dié warm rooi, Hot Terracotta. “Die winter moet ’n viering van die diepte van natuurlike kleure wees,” sê Nozipho Kunene, kleinhandelbemarkingsbestuurder by Plascon. “Mense smag na samesyn en vrede, en kleur kan daardie begeertes bevredig.” Sien plascon.com.

3 Fluweelagtige Damson-kombers (200 x 220 cm) R299,99, MRP Home

4 Die Napoli-reeks hang- en vloerlampe van The Lighting Warehouse spog met organiese ontwerpe van geweefde rottang wat ’n aardse luim in enige ruimte sal skep. Ons is gaande oor dié drielig-installasie (R1 299)! Besoek lightingwarehouse.co.za.

1 Helder jou dekor op met een van Bordallo Pinheiro se prettige nuwe ontwerpe uit hul kleurryke versameling keramiek-sardyne (R650 elk). Besoek bordallopinheiro.co.za vir die hele reeks.

2 Luukse houtskoolkleur poolvliesdeken (150 x 180 cm) R69, Decofurn

3 Kuns-skaapvel (50 x 90 cm) R499, @home

1 Robynkleur Furry Peacock-deken (140 x 220 cm) R1 750, Haus

2 Block & Chisel het nou ’n nuwe winkel by Jan Smutslaan 155 in Parkwood, Johannesburg. Dié toonlokaal bied jou ’n boetiek-tipe koopervaring. “Ons het ons winkels ontwerp met wat ons graag ‘geïnspireerde handel’ noem. Dit beteken ons bring natuurlike lig in en skep interessante hoekies en verskillende ruimtes om die veelsydigheid van ’n artikel te demonstreer,” sê Paul McAdam, direkteur van Block & Chisel. Jy kan uitsien na ryk laag-op-laag-teksture, ’n kombinasie van moderne en tradisionele style en tonne pragtige detail. Sien blockandchisel.co.za vir nog.

3 Duifgrys Baroness-kwilt (180 x 240 cm) R1 950, Haus

1 Vrou-vrou-katoendeken in magenta (dubbel) R3 315, Mungo

2 Gee jou tuiskantoor ’n stylvolle voorkoms met dié Leaning Desk van Native Décor (R999), gemaak van volhoubare berke-laaghout en geverfde MDF. Dit rus gemaklik teen die muur en vorm ’n stewige werkstasie wat maklik rondgeskuif kan word soos nodig. Sien meer by nativedecor.co.za.

3 Die plaaslike kontemporêre kunstenaar Lillian Gray het haar aanbod uitgebrei na ’n reeks leefstylprodukte met ’n spatsel kleur. Haar kenmerkende portrette is nou ook te kry as strooikussings, skouer- en drasakke, asook muntsakkies. Die kussings (R450 elk) spog met digitale afdrukke op linne. Besoek lilliangrayart.com.

VERSKAFFERS

@home 0860 834 834

Decofurn 087 740 1800

Haus 0860 437 839

MRP Home 0800 212 535

Mungo 044 533 1395