1 Ballo se handgemaakte maskers (R150 elk) bestaan uit ’n dubbellaag geplooide katoen. Die buitelaag van volhoubaar verkrygde lap kom in verskeie kleurryke patrone (die ontwerpe wissel na gelang van beskikbaarheid). Vir elke masker wat aanlyn gekoop word, sal Ballo een aan ’n behoeftige persoon skenk. Kry joune by ballo.co.za.

2 Samesyn se treffende omkeerbare maskers het drie lae: katoen binne en buite, en ’n waterwerende laag tussenin. Die maskers het rekbande en kos R140 elk of R390 vir ’n pak van drie. Besoek samesyn.co.za vir besonderhede.

3 Masks4SA, onder leiding van Bruce en Kimlyn Harbottle, vra alle Suid-Afrikaners om te help met tuisgemaakte maskers vir mense reg oor die land. Op hul webtuiste is daar stap-vir-stap-aanwysings hoe jy self maskers in groottes vir volwassenes en kinders kan maak. Besoek masks4sa.co.za.

1 Wren Design se Classic- (R130) en Deco-dubbellaag-gesigmaskers (R180) van papier en geborselde katoen spog met dubbele opnaaisels en is afgerond met sagte swart katoen-skuinsband. Dié herbruikbare maskers kom in verskillende ontwerpe, ook in kindergroottes. Die papier-laag aan die buitekant is waterwerend en anti-mikrobies, en sal tot 12 maande hou – vee dit net skoon met ’n seeplap. Sien thewrendesign.com.

2 Mungo se maskers van suiwer linne het ’n dubbellaag-ontwerp met ’n tussenvoering waarin jy ’n ekstra filter/N95-masker vir addisionele beskerming kan glip. Dis beskikbaar in pakke van drie (R300) of vyf (R500) en vir elke masker wat verkoop word, sal Mungo een aan ’n verdienstelike saak skenk. Koop aanlyn by mungo.co.za.

3 Twig and Fi se maskers word gemaak van 100% linne, katoen en hennep- linne. Elke masker (R70) word op bestelling gemaak en jy kan kies uit ’n groot reeks van Twig and Fi se romantiese lap-ontwerpe. Sien die hele versameling by twigandfi.co.za. Bogenoemde maskers is nie medies getoets nie en dien net as voorsorgmaatreël om verspreiding van die siekte te help keer. Was jou lapmaskers ná elke gebruik teen ’n hoë temperatuur – dit is dus raadsaam om meer as een aan te skaf. Onthou, vervaardigers se leweringstyd kan twee tot 10 dae duur.

Uit Lapland

Handgeskilderde kuns en puik foto’s maak elkeen van dié bedrukte materiale ’n apploustrekker! Kies een vir jou ruimte... 

1 From Ester with Love-paneel (suiwer linne; 1,4 m B) R985/m, SophiaHelen Design

2 Tafelloper met agapant-motief (rou linne; 45 cm x 1,5 m) R500, Liza Kerrod Botanical Art

3 Master-tafeldoek (suiwer linne; 1,5 x 2 m) R3 850, Mitat

4 Donkeroranje Japonika-loper van linne R760/m, Makietie

5 Blou Japonika-loper van katoen R520/m, Makietie

6 Delft-tafeldoek van linne (1,5 x 3,5 m) R990, Schattig

7 Dark Flowers-tafeldoek van suiwer linne (1,5 x 3 m) R4400, Mitat

8 Pinksterroos-tafeldoek van linne (1,5 x 2,5 m) R680, Schattig

9 Handgetekende, vryhand-geborduurde oortreksels van hennep (30 x 60 cm) R670 elk, Threads That Bind Us

10 Vetplant-tafeldoek van linne (1,5 x 2,5 m) R680, Schattig

11 Lemon Delight-tafeldoek van katoen (1,5 x 2,5 m) R1 300, Makietie

12 From Mariana with Love-paneel (suiwer katoen) R800/m, SophiaHelen Design

13 Protea-tafelloper van rou linne (45 cm x 1,5 m) R500, Liza Kerrod Botanical Art

VERSKAFFERS

Liza Kerrod Botanical Art

Makietie 084 206 9898

Mitat 083 375 8501

Schattig 083 348 0727

SophiaHelen Design 021 976 0114

Threads That Bind Us 063 140 8575