wats nuut

1 SKEP EN INNOVEER!

WIE Lebogang Sadiki

WAAR Pretoria

BESIGHEID S'Africa Lamp Designs

HAAR WERK Lebogang Sadiki, ’n gekwalifiseerde rekenmeester, het ’n uitlaatklep vir haar kreatiwiteit gesoek; toe begin sy kontemporêre wasgedrukte lampkappe ontwerp en maak. Sy het S'Africa Lamp Designs in November 2019 begin, en in haar skeppings gebruik sy die treffende, kleurryke ontwerpe van Suid-Afrika se etniese groepe – van die Ndebele tot die Xitsonga. Haar reeks sluit lampkappe (vanaf R250), asook staanders van hout en keramiek in.

Besoek safricalampdesigns.co.za om meer te sien en pasgemaakte ontwerpe aan te vra.

2 AANPASBARE OPLOSSING

Dié modulêre rakstelsel van Wheatley Furniture Studios is maklik verstelbaar sodat dit saam met jou behoeftes kan groei. Dis te kry in ’n verskeidenheid materiale, onder meer hout en staal, en jy kan die rak-eenhede, uitstal­bokse en stutte (vanaf R750 per paar) op einde­lose maniere rangskik. Besoek wheatleystudios.com.

wats nuut

UIT LAPLAND

Die nuwe Resort-reeks van Home Fabrics is geïnspireer deur wêreldwye tendense, soos botaniese motiewe, geometriese patrone en speelse ontwerpe – perfek vir gordyne of sagte meublement met ’n prettige kinkel. Besoek homefabrics.co.za.

1 Malian Geo Fern (R1 220/m)

2 Gecko Olive (R890/m)

3 Honeycomb Teal (R1 170/m)

4 Creative Flow Lapis (R1 370/m)

wats nuut

1 Die meubelvervaardiger Coricraft het ’n nuwe reeks lieflike meubels vervaardig saam met Hertex en Home Fabrics. Dit spog met ’n verskeidenheid grafiese motiewe, luukse lap en geblomde borduurwerk. Die ten volle gestoffeerde Stella-stoel in Magnolia Sky-lap van Hertex (R9 999) is nou in hul winkels.Sien coricraft.co.za vir nog inligting.

2 Ons is dol hieroor!

Sit iets spesiaals voor in dié delikate bakkie met handgeverfde voëlnes-detail (R500) van Toinette Lindley. Besoek tlc-ceramics.co.za.

3 Maak jou slaapplek droommooi met luukse katoenbeddegoed van Volpes. Die lap kry ’n besonderse tekstuur deur dit vooraf te “klipwas”; daarom is dit troetelsag met ’n informele sjarme. Die reeks is beskikbaar in vier gedempte kleure (vanaf R799), perfek vir ’n nuwe seisoen. Sien meer by volpes.co.za.

wats nuut

1 Die slaapkenners Vencasa het pas hul Velfont Respira Waterproof & Hyper-Breathable-reeks paslakens en kussing­beskermers (vanaf R350) bekend gestel. Dis gemaak van ekstra-sagte organiese suiwer katoen en beloof ’n heerlike nagrus. Kyk aanlyn by vencasa.co.za.

2 Tjhoko Paint het pas ’n nuwe reeks van 36 stensils bekend gestel. Dit wissel van ’n A6-grootte (R54) tot 90 x 60 cm (R550). Sien die hele reeks by tjhokopaint.co.za.

3 WINKELS TOE

Wat begin het as ’n WhatsApp-lys van tweedehandse meubels wat Marlene Stofberg onder vriende versprei het, is nou ’n instelling in Dorpstraat, Stellenbosch. Malhuis, ’n vintage-meubel-en-dekorwinkel, spesialiseer in opgeknapte meubels, gordyne en boumateriaal, asook plaaslike stoffeerlap wat nuwe lewe gekry het nadat dit gekleur en gewas is. Besoek die winkel in die Black Horse-sentrum of stuur e-pos na m.stofberg@me.com.