1 SKEP EN INNOVEER!

WIE Riana Mostert

WAAR Durbanville

BESIGHEID Riana Mostert Designs

HAAR WERK Ná agt jaar as binne-ontwerper het Riana Mostert uit haar werk bedank om ’n tuisbly-ma te wees. Sy het haar heel eerste ononderbroke lyntekening as ’n geskenk vir iemand gemaak – en gou was dit ’n besigheid. “Die idee agter so ’n lyntekening is dat jy op een punt begin en die skets voltooi sonder om jou hand op te lig,” verduidelik Riana. “Dit gee jou ’n abstrakte tekening.” Riana het haar reeks illustrasies uitgebrei, en dit pryk nou op dekorbykomstighede soos strooi-kussings, lopers, planthouers en keramiekbekers. Sien meer by rianamostert.com.

2 Iets vir elke smaak

Blaas nuwe lewe in jou leefruimtes met een van 16 pragtige afdrukke uit Haus se nuwe reeks geraamde muurkuns wat op seil gedruk is. Die afdrukke is losweg in vier stelle gegroepeer, party geïnspireer deur tuine of tradisionele ontwerp, ander met ’n meer grafiese styl. Ons hou van die Savill (Autumn) -afdruk (120 x 100 x 4cm; R2 600) in ’n eikehoutraam. Besoek hertexhaus.co.za vir nog inligting.

3 Poetry het sy meubelreeks uitgebrei met onder meer dié stel swart metaal-en-spieël-kanttafels (R2 299) en sagte pienk fluweelstoel (R4 999). Dis ’n beperkte oplaag wat net by uitgesoekte winkels te kry is. Sien poetrystores.co.za.

4 Verfris jou huis met ’n nuwe helder kleur: John’s Joy van Tjhoko Paint.

1 Lasergesnyde koper-hanglamp (40cm) R2674, K.Light

2 Keramiek- hanglamp, kleur Taupe (16 x 17,5cm) R299,99, MRP Home

3 Coricraft het ’n pragtige nuwe reeks rusbanke. Al die ontwerpe – die Sami (bo, vanaf R7 999) met kontemporêre hout- of metaalpote, die Sloan (vanaf R10 999) so reg uit die middel van die vorige eeu en die sjiek Skylar (vanaf R12 999) – bied ’n vars aanslag op die style wat klante al jare lank ken. Alles is plaaslik en met die hand vervaardig. Sien coricraft.co.za vir nog inligting.

4 Scoop-ysterstoel met poeierbedekking R2 990, SHF

1 Hanglamp met betonskerms op verskillende hoogtes (128cm H) R599, Decofurn

2 Luxe-lessenaarlamp (52cm) R999, Woolworths

3 Fluweelkussings (48 x 48cm) R139,99 elk, MRP Home

4 Fluweelkussings (48 x 48cm) R139,99 elk, MRP Home

5 Fox Versova-mat R3 990, SHF

VERSKAFFERS

Decofurn 087 740 1800

K.Light 021 552 4370

MRP Home 0800 212 535

SHF 033 330 6610

Tjhoko Paint 011 708 3166

Woolworths 0860 022 002