1 Die inspirasie vir dié ink-gekleurde katoenseil-lap van Room 13 Collection (1,48 m breed; vanaf R860/m) was godinne, skaars botaniese plante, insekte en kamoeflering. Nie net is dit droommooi nie, dis ook ekovriendelik! Besoek room13collection.co.za.

2 Die Plascon Colour Advice-span se palet vir die lente, Gentle Serenity, is ’n geslagsneutrale, moderne en vars interpretasie van krytagtige pastelkleure. Gentle Serenity verbeter stemmings en oomblikke wat onvolmaakthede omarm ter wille van geluk, welstand en tevredenheid. Die koeler skakerings in die palet, waaronder Divina, Maple Pecan, Velvet Coast en Warm Violet, gee jou ruimte die vrede en rustigheid van ’n oase. Sien plascon.com vir nog.

3 Skep en innoveer

WIE Wilmie Smith

WAAR Kaapstad

BESIGHEID Mathilde & Amélie

HAAR WERK Mathilde & Amélie is gebore uit Wilmie se lewenslange liefde vir handwerk, brei, borduur en naaldwerk. “Ek het 10 jaar in Frankryk gewoon en die gehalte van die tekstiele, tapisserieë, kant en handwerk wat ek by brocantes (vlooimarkte) ontdek het, het my getref; ek kon my voorstel hoeveel ure aan hierdie nostalgiese skeppings gewy is,” onthou Wilmie. “Ek het ’n begeerte gehad om dié verwaarloosde artikels wat vroeër hoogmode was, in ere te herstel en dit te vernuwe sodat dit weer nuttig, dekoratief en begeerlik kan wees.” Wilmie het ou tapisserieë herbenut en omskep in besonderse artikels soos handsakke, stoffering, baadjies, kussingoortreksels en lampkappe. “Dis so lekker om tapisserieë uit te soek en al die detail te beplan wat in elke item gaan. Met Mathilde & Amélie gaan dit alles oor respek en sorg vir dié wonderlike vintage-skeppings.” Verken Wilmie se besonderse versameling by mathilde-amelie.com.

4 ’n Pragtige nuwegenerasie-@homelivingspace-winkel het sy deure in die Stellenbosch Square- winkelsentrum in die hart van die Kaapse Wynland oopgemaak. Die toonlokaal van 500 m² bied ’n uitgesoekte keuse van @home se beste en hoogs modieuse huisware en meubelstyle – alles só uitgestal en bymekaargesit dat jy jou dié pragtige artikels in jou eie huis kan voorstel. Sien meer by home.co.za.

5 Al MRP Home se holvesel-duvets en -kussings word nou van herwinde plastiekbottels gemaak, wat beteken jy kan rustig slaap in die wete dat jy jou deel doen vir die planeet. Die winkelgroep het ook hul plastiekverpakking vir duvet-oortreksels, gordynreekse en tafeldoeke met 50% verminder om die impak van plastiek op die omgewing te verlig. En as jy opgeskeep sit met gebruikte duvets en kussings, kan jy dit na enige MRP Home-winkel neem vir herwinning. Só kan dit ’n nuwe lewe begin as deel van hul #closetheloop-veldtog. Kry al die besonderhede by mrphome.co.za.

6 Blombosse-kussings deur Casamento is geïnspireer deur die Kaapse blommeryk en spog met handgeborduurde veldblomme, bome, sade en wortels op sagte Linara-lap, ’n mengsel van katoen en linne. Ons is mal oor die Tarragon Pincushion- en Tarragon Dakriet-strooikussing (35 x 52 cm; R2 530 elk) – skoonhede wat erfgoed gaan word! Sien die hele versameling by casamento.co.za

1 Die plaaslike plakpapier-ontwerpers Groen het drie nuwe style (met inspirasie uit treffende botaniese motiewe) by hul reeks gevoeg. Groen ontwerp, druk en installeer pasgemaakte plakpapier vir enige ruimte. Hul besonderse ontwerpe is naatloos en krapbestand en pryse wissel van R425 tot R550/m² (installering uitgesluit). Maak ’n stylstelling met dié tropiese motief. Besoek groenjan.co.za.

2 Classic-viersitplekbank van fluweel in Charcoal (67 x 240 x 90 cm) R10 999, @home

3 Dié fynbos-bakkies (R250 elk) van Shelley Maisel Ceramics is nie net funksioneel nie, maar ook mooi, en sal ’n plaaslike geur aan jou tapas-tafel of uitstalrak verleen. Sien meer by instagram.com/shelleymaiselceramics.

4 Woolworths Homeware het kragte saamgesnoer met Mo’s Crib, twee susters van Pretoria. Morongwe “Mo” en Michelle Mokone spesialiseer in handgemaakte dekorartikels, onder meer ’n indrukwekkende reeks mandjies en planthouers van herwinde PVC en gras. Die Grass Woven-reeks spreek van tradisie en rou styl en is nou eksklusief by Woolworths te kry. Hierdie ronde mandjies, geweef van natuurlike ilala-palmblaarvesel, kom in verskillende groottes, met of sonder deksels en handvatsels. Sien meer by woolworths.co.za