GAUTENG

Moonlight Markets

Elke Dinsdagaand van 20 November tot 18 Desember: Bryanston, Johannesburg

Die Bryanston Organic & Natural Market sal omskep word in die feestelike Moonlight Markets met vonkelende Kersliggies vir lieflike atmosfeer. Luister na die klanke van voorste musikante en straatmusikante, of kyk ’n vertoning by die kinderteater.

Plek: Culrossweg 40, Bryanston, Johannesburg

Tyd: 17:00–21:00

Koste: Toegang is R20 vir volwassenes; dis gratis vir kinders onder 12. 

Kontak: Vir nog inligting, skakel 011 706 3671 of besoek bryanstonorganicmarket.co.za.

Jakaranda-kinderhuis se Liggiefees

1–31 Desember: Pretoria

Besoek die Jakaranda-kinderhuis se Liggiefees vir Kersjolyt uit die boonste rakke. Die 21 huise word dan versier met duisende liggies en oopgestel vir die publiek. Besoekers kan ook uitsien na ’n mallemeule, groot wiel, lewende vermaak en stalletjies.

Plek: Jakaranda-kinderhuis 

Tyd: 18:00 of 17:00 op skou-aande 22:00

Koste: R30 per kaartjie. Kaartjies word by die hek verkoop.

Kontak: Skakel 012 800 4700 of besoek jacarandachildren.co.za

KAMERS/Makers 

4–9 Desember: Irene, Pretoria

Verlustig jou in ’n skatkis van handgemaakte mooigoed van meer as 170 talentvolle uitstallers by KAMERS/Makers. Jy kan selfs gou gunsteling-makers se skeppings aanlyn koop by shop.kamersvol.com.

Plek: Cornwall Hill College, Pretoria

Tyd: 09:00–17:00 

Koste: Kry kaartjies teen R60 by plankton.mobi of R90 by die ingang – die prys sluit ’n beperkteoplaag- KAMERS/Makers-inkopiesak en tydskrif in. Weekkaartjies: R120

Kontak: Vir nog inligting, besoek kamersvol.com.

VRYSTAAT

Kroonheuwel-Kersmark 

4–8 Desember: Kroonstad, Vrystaat

Kies uit ’n verskeidenheid handgemaakte, bekostigbare Kersgeskenke. Die teetuin sal gehalte-koffie van die Royal Roastery bedien, asook heerlike happies. Die aande beloof pret met lewende musiek en braaikos; perfek vir die hele gesin. 

Plek: Verwoerdstraat 1, Kroonstad. 

Tyd: 

  • 4de: 18:00–21:00
  • 5–7de: 09:00–19:00
  • 8ste: 08:00–12:00

Koste: Gratis

Kontak: Bel Carina by 083 635 2851 of stuur e-pos na carserf@compuking.co.za

Parys Kers-Kunsmark

14–23 Desember: Parys, Vrystaat

Moenie die Parys Kers-Kunsmark misloop nie; daar is iets vir die hele gesin! Geniet ’n ligte maaltyd en snuffel rond by die stalletjies vir ’n lieflike geskenk. 

Plek: Blikoortjies Kleuterskool, Schilbachstraat 18, Parys

Tyd: 09:00–18:00

Koste: Gratis

Kontak: Skakel 082 958 6312 vir nog inligting.

TUINROETE

Ekliefkrismis Kersmark

12–22 Desember: George, Tuinroete

Die Ekliefkrismis Kersmark spog met meer as 150 stalletjies – daar sal dekor, deli-produkte en meer te koop wees. Verwag besonderse handgemaakte geskenke teen bekostigbare pryse.

Plek: Eden Place, Knysnaweg, George

Tyd: Weekdae & Saterdae: 09:00–18:00

Koste: Gratis

Kontak: Vir nog inligting, besoek ekliefkrismis.co.za of skakel 072 331 4335.

Boerevintage-geskenkmark 

16–22 Desember: George, Tuinroete 

Besoek die Boerevintage-mark vir meer as 150 stalletjies met uitstallers van oor die hele land. Jy kan uitsien na handgemaakte geskenke, ’n deli-afdeling en ’n groot verskeidenheid smullekker kos. 

Plek: George-skougrond

Tyd: 10:00–19:00

Koste: Gratis 

Kontak: Vir nog inligting, skakel 072 246 7677 of kry hulle op Facebook

KWAZULU-NATAL

Shongweni Farmers & Craft Market

1, 8, 15, 16, 17, 22 & 29 Desember: Shongweni, KwaZulu-Natal 

Dié mark spog met meer as 150 stalletjies, waarvan meer as die helfte vars produkte en heerlike kos bied. Maak in Desember ’n draai vir jou Kersinkopies. 

Plek: Lot 457, MR551, Shongweni

Tyd:

  • 1ste, 8ste & 15de: 06:30–13:00
  • 16de & 17de: 08:00–13:00 
  • 22ste & 29ste: 06:30–13:00

Koste: Gratis

Kontak: Vir nog inligting, bel Christine by 031 777 4686 of besoek shongwenimarket.co.za.

The Festive Market 

15–22 Desember: Hillcrest, KwaZulu-Natal

Gryp ’n mandjie en loer in by die meer as 100 stalletjies wat kreun onder plaaslik gemaakte Kersbederfies. Bring die gesin vir ’n feestelike maaltyd en ’n bietjie Kersgees om die somervakansie reg te begin. 

Plek: Hoërskool Hillcrest 

Tyd: 09:00 – 19:00

Koste: Gratis

Kontak: Vir nog inligting, skakel 083 795 0105 of besoek thefestivemarket.co.za.

Blythedale Coastal Christmas market

19–23 Desember: Blythedale-strand, Durban

Kom loer in vir ’n dag vol avontuur en die beste plaaslike vars produkte. Geniet die glybaan, ry ’n vierwielfiets, snuffel by die stalletjies rond of geniet ’n piekniek met die gesin. 

Plek: Blythedale-strand 4449, Durban

Tyd: 09:00–16:00

Koste: Gratis

Kontak: Skakel 061 820 3518 vir nog inligting of kry hulle op Facebook

OOS-KAAP

Locally Yours Market

17–19 Desember: Port Elizabeth, Oos-Kaap

Die Locally Yours Market nooi jou uit om plaaslike talent te kom ondersteun. Soek die mooiste produkte en smullekker happies uit terwyl jy saam met die musikante neurie. Daar is ook ’n speelplek vir die kleinspan se vermaak.

Plek: Tramways-gebou, Lower Valleyweg 16

Tyd:

  • 17de: 13:00–20:00
  • 18de:  09:00–20:00 
  • 19de: 09:00–17:00

Koste: Gratis

Kontak: Skakel 082 785 4118 vir nog inligting of kry hulle op Facebook.

WES-KAAP

Pinelands Craft & Gift Fair

3–22 Desember: Pinelands, Kaapstad  

Dié mark bied ’n verskeidenheid geskenke, soos pragtige kaartjies en Kersversierings, heerlike peuselhappies, leer-items, glasware houtwerk en meer. Geniet koek en tee of ’n ligte ete in die kafeteria, wat heeldag oop is.

Plek: Kent Hall, Hoërskool Pinelands 

Tyd: 

  • Maandag tot Vrydag 09:00–19:00 
  • Saterdag en Sondag 09:00–17:00 (oop op 16 Des.)

Koste: Gratis

Kontak: Vir nog inligting, skakel 082 661 6080 of kry hulle op Facebook.

Simply South Gift and Craft Fair

3–22 Desember: Bergvliet, Kaapstad

Simply South is ’n mark waar jy ’n verskeidenheid geskenke en handgemaakte mooigoed kan kry, net betyds vir die feestyd.

Plek: NG Kerk Constantia, Bergvliet

Tyd: 

  • Weekdae 10:00–20:00
  • Saterdag 10:00–17:00

Koste: Gratis

Kontak: Vir nog inligting, skakel 083 618 6366 of besoek simplysouth.co.za.

Edgemead-Kersmark

7–22 Desember: Edgemead, Kaapstad

Die Edgemead-Kersmark is een van Kaapstad se gunsteling- binnenshuise Kersmarkte; jy kan meer as 250 van die Wes-Kaap se voorste kunsvlyt-items sien. Soek iets spesiaals vir jou of ’n geliefde. 

Plek: Edgemead-gemeenskapsaal, Kaapstad

Tyd: 10:00–20:00

Koste: Gratis

Kontak: Vir nog inligting, skakel 084 882 7546 of besoek edgemeadmarket.com

Favourite Things Market

14–16 Desember: Gabriëlskloof, Wes-Kaap

Besoek Gabriëlskloof naby Botrivier en geniet alles wat die 45 versigtig uitgesoekte stalletjies aanbied, van fyngebak tot skaars vondste. 

Plek: Gabriëlskloof-landgoed, net buite Botrivier, op die Swartrivier-pad, naby die N2.

Tyd: 14de: 17:00–21:00

15de: 10:00–18:00 

16de: 10:00–15:00

Koste: Gratis

Kontak: Vir besonderhede, skakel 028 284 9865 of besoek gabrielskloof.co.za

Disakloof-geskenkmark

15–25 & 26–29 Desember: Bettysbaai, Wes-Kaap

Besoek dié binnenshuise mark met meer at 75 uitstallers vir ’n skatkis van eklektiese vondste, voorste kunsvlyt, mode, dekor, geskenke, speelgoed, kuns en juwele. Daar is ook ’n goed toegeruste deli-afdeling asook ’n kafeteria wat gourmet-kos voorsit meals. 

Plek: Disakloof-jeugkampeerterrein, Bettysbaai

Tyd:

  • 15–23 & 26–28: 09:00–08:00
  • 24ste: 09:00–13:00
  • 25ste: Toe
  • 29ste: 09:00–17:00

Koste: Gratis

Kontak: Vir nog inligting, skakel 082 781 4597 of stuur e-pos na info@bettysbaymarkets.co.za

Groote Post Christmas Country Market

16 Desember: Darling, Wes-Kaap 

Besoekers kan uitsien na die voorste plattelandse produkte soos fynproewerskos, kunsvlyt en mooigoed, asook huisware en dekor. Jy sal ook Groote Post se gewilde wyne kan proe en koop. Die kleinspan kan ook uitsien na lekker aktiwiteite soos trekkerritte, gesig verf en sandkuns.

Plek: Groote Post-wynplaas

Tyd: 10:00–15:00 

Koste: Gratis

Kontak: Vir nog inligting, skakel 022 451 2202 of kry hulle op Facebook.

AANLYN

Transoranje-Kersmark

Die Transoranje-Kersmark was vir 21 jaar in twee weke in Desember oop. Nou is dit ’n aanlynmark en kopers van die hele land oor kan nou die talentvolle uitstallers se ware sien en bestel. Jou bestelling word binne sewe werkdae voor jou deur afgelewer, en jy kan geskenke direk aan jou gewenste ontvanger stuur. Besoek transoranjemarket.co.za vir nog inligting.