Bring hierdie winter jou tuin binnetoe met hierdie fantastiese blommedekor-items van Mr Price Home. Blom hierdie winter met Mr Price Home se knus blommeduvets, helder patroonkussings en tuisdekor wat enige ruimte verkwik.

Kry inspirasie vir jou slaap- en sitkamer met ’n natuurlike kleurpalet van donkergroen, oker en antieksjiek blompatrone. Gee hierdie vertrekke flair met treffende stukke gekombineer met eenvoudige patrone en teksture. Dit is tyd om geluk tuis te verwelkom!

Bly knus en stylvol met Mr Price Home se Super Plush en Super Plush Chord-komberse. Dit is in ’n groot verskeidenheid kleure te kry en sal beslis jou slaap- of sitkamer warmer maak. Wikkel jou toe vir vanaf net R299,99.

Omarm die natuur met hierdie plaaslik vervaardigde polikatoen-duvetoortrekselstelle met patrone vanaf R169,99. Omring jou met wilde blomme terwyl jy slaap.

Antieksjiek is weer mode! Kies en keur tussen klassieke blompatrone, helder kleure en kussings met verskillende teksture. Laat blom jou huis met ons plaaslik vervaardigde patroonkussings vanaf R159,99.

Onthou om klassieke pilaarkerse vanaf R39,99 en ons reeks gegeurde vertreksproeie, kerse en geurverspreiders by te voeg vir ’n tikkie atmosfeer.

Rond jou sitkamer af met blommemuurkuns vanaf R499,99 en waag met goud met ons sierlike skinkbord en koffietafel.

Is julle reg om ’n bietjie kleur en blommepret by jou dekor te voeg saam met Mr Price Home? Besoek een van hul winkels om die jongste neigings te ontdek teen die beste pryse (en natuurlik in die beste kleure en patrone!) of koop die voorkoms nou aanlyn by www.mrphome.com.

Volg hulle op Instagram @mrp_home vir nog inspirasie.