Dis tyd vir snoesige laatslaapoggende, opwindende aande tuis, drankies ná werk (die warm soort) en komberse vir pret! Bly knus by jou huis met Mr Price Home se wye reeks gedukte duvetoortreksels, strooikussings en modieuse tuisdekor wat jou huis daardie lekker wintergevoel sal gee.

Maak jou huis warm, gelukkig en vol avontuur hierdie winter met pragtige blompatrone, ’n knus kleurpalet van mosterd en stofpienk, natuurlike teksture en goeie waarde vir geld!

Dis wat jy nodig het vir ’n gelukkige winter…

Kruip in onder ’n gedrukte polikatoenduvet wat ’n bietjie warmte by jou slaapkamer voeg – met ryk mosterdtinte en ingewikkelde blompatrone vanaf R169,99.

Laat jou huis sprankel met hierdie reeks plaaslik vervaardigde gedrukte kussings – kies uit bleek skakerings van grys, blou, mosterd of room en gee jou leef- of slaapkamer ’n blomgevoel vir slegs R79,99 elk.

Gee jou huis liefde met potte vol vars of selfs gedroogde blomme! Kies uit ’n verskendenheid vase vanaf R29,99 elk. Hier is enige denkbare grootte of vorm. Jy sal sukkel om te kies.

Kuier lank en lekker om ’n koppie stomende warm sjokolade saam met ’n geliefde met hierdie dubbelpakkoffiebekers vir R89,99 elk. Bekers met blompatrone is in die mode hierdie seisoen en hierdie stel bied goeie waarde vir geld.

As jy gereed is om die winter te verwelkom en al die avonture van die seisoen te beleef, kies koers na Mr Price Home om die nuutste winterartikels teen die beste pryse te kry (en natuurlik in die mooiste kleure en patrone!), alles gerieflik op een plek. Of kry hierdie wintervoorkoms aanlyn

Volg @mrp home op Instagram vir meer dekor-inspirasie.