KwaZulu-Natal
Clansthal Christmas Craft Market
Die Clansthal-gemeenskap bied ’n ontspanne Kersmark in ’n rustige tuin, en help terselfdertyd fondse insamel vir die Clansthal-bewaringsgebied!
Plek Pig & Whistle-rylaan 111, Clansthal
Datum 8 Desember
Tyd 9:00–14:00
I Heart Market
Die I Heart Market vier die feestyd met ’n spesiale fokus op plaaslike entrepreneurskap. Net-net die plek vir bewuste kopers wat kleinsake-eienaars wil ondersteun.
Plek The HayStore, Albert Terrace, Point Waterfront, Durban
Datum 7; 14 en 21 Desember
Tyd 9:00 – 14:00
Gauteng
Bryanston Christmas Moonlight Market
Bring die hele gesin na die Christmas Moonlight Market! Jy kan lekker koop terwyl die kinders ’n teateropvoering geniet en kunsvlyt doen – by dié mark is daar iets vir almal.
Plek Culrossweg 40, Bryanston, Johannesburg
Datum 19 November – 17 Desember
Tyd Elke Dinsdag 17:00 – 21:00
Toegang R20 vir volwassenes; gratis vir kinders onder 12
Foto: pretoria.co.za
Jakaranda-kinderhuis se liggiefees
Moenie die asemrowende liggiefees misloop nie! Besoekers kan ook uitsien na lewende vermaak, ’n Kersmark, gesinspret en vele meer.
Plek Jakaranda-kinderhuis, East Lynne, Pretoria
Datum 1 – 31 Desember
Tyd 18:00 – 22:00
Toegang R30 per persoon
Back to Earth Christmas Night Market
Die maandelikse Back to Earth Market (dit val op die eerste Woensdag van die maand) is in Desember ’n spesiale Kersmark om die feestyd in te lui. Dit spog met handgemaakte items en seisoenale snoepgoed.
Plek Old Grey-sportklub, Port Elizabeth
Datum 4 Desember
Tyd 17:00 – 20:00
The Wanderers-Kersmark
Die Wanderers-Kersmark wil Kers-inkopies ’n plesier vir almal maak – boonop kan jy plaaslike produsente en klein besighede ondersteun. Jy kan uitsien na verkopers soos Bella Ciao, Jolly Pots, Interior Collection, Playtime Soups en meer!
Plek Northstraat 21, Illovo, Johannesburg
Datum 2 – 9 Desember
Tyd 9:00 – 19:00
Foto: Irene Village Market Facebook-blad
Irene Village-Kersmark
Die Irene Village-Kersmark bied vermaak vir die hele gesin met plaaslik gemaakte fynproewerskos, kunsvlyt, klere, versamelgoed en meer. Dié trots Suid-Afrikaanse mark het ook Segway en Acrobranch vir kinders.
Plek The Big Red Barn, Nelsonweg 7, Olifantsfontein
Datum 7 en 14 Desember
Tyd 9:00 – 13:00
Vir die kleinspan...
Vat ’n ruskans van die gewoel by die Cresta-winkelsentrum in Randburg besoek die CrestAquarium. Die uitstalling het meer as 32 rifvisse in die Indiese Stille Oseaan en bied tonne fotogeleenthede vir die familie-album!
Plek CrestAquarium, Randburg
Datum 7, 14, 21 en 28 Desember
Tyd Tussen 12:00 en 12:20 (onderhewig aan verandering)
Vrystaat
Parys Kers-Kunsmark
Die Parys Kers-Kunsmark beloof geskenke in oorvloed, gesinspret, lekker kos en die voorste vermaak!
Plek Schilbachstraat 18, Blikoortjies Kleuterskool, Parys
Datum 14 – 23 Desember
Tyd 9:00 – 18:00
Tuinroete
EkLiefKrismis-mark
Die jaarlikse 10 dag lange EkLiefKrismis-mark spog met uitmuntende kreatiwiteit en plaaslike produkte van die voorste gehalte, asook lewendige vermaak en lekker aktiwiteite vir die kleinspan.
Plek Eden Place, Knysnaweg, George
Datum 10 – 20 Desember
Tyd 9:00 – 18:00
Boerevintage-geskenkmark
Die Boerevintage-geskenkmark is passievol oor die Suid-Afrikaanse ekonomie en het meer as 150 stalletjies met handgemaakte geskenke, gebak, konfyte en kunsvlyt. Op die sjarmante Redberry-plaas kan jy ook aarbeie pluk, ponieritte onderneem, resies hou met trapkarre en vele meer!
Plek Redberry-plaas, George
Datum 16 – 21 Desember
Tyd 9:00 – 17:00
Oos-Kaap
Foto: Grant Liebenberg
Locally Yours-Kersmark
By die jaarlikse Locally Yours-Kersmark gaan dit alles oor plaaslik gemaakte geskenke, kos, kuns, musiek en meubels.
Plek Tramways-gebou, Onder-valleiweg 16, Port Elizabeth
Datum 14 – 17 Desember
Tyd Saterdag: 13:00 – 19:00; Sondag: 10:00 – 18:00; Maandag: 09:00 – 18:00; Dinsdag: 09:00 – 16:00
Wes-Kaap
Pinelands Craft & Gift Fair
Elke Desember bied Kent Hall by die Hoërskool Pinelands ’n verskeidenheid handgemaakte mooigoed perfek vir die Kerskous. Snuffel deur items soos feestelike groetekaartjies, Kersversierings, snoepgoed en handgemaakte leergoed.
Plek Kent Hall, Hoërskool Pinelands, Kaapstad
Datum 02 – 22 Desember
Tyd 9:00 – 19:00
Edgemead Craft en Gift Market
Die gewilde Edgemead-Kersmark spog met van die Wes-Kaap se voorste kunsvlyt met geskenke, eetgoed, speelgoed en meer – jy kan uitsien na meer as 250 stalletjies!
Plek Edgemead-gemeenskapsaal, Edgemead-rylaan, Kaapstad
Datum 5 – 22 Desember
Tyd 10:00 – 20:00
Disakloof-geskenkmark
Die Disakloof-geskenkmark in Bettysbaai stal ’n besonderse versameling juweliersware, handewerk, dekor, speelgoed en kuns. Die Disakloof-kampterrein verleen ’n rustige bekoring by die markervaring met ’n uitsonderlike keuse fynproewerskos.
Plek Disakloof Youth Campsite, Clarence-rylaan, Bettysbaai
Datum 14 – 29 Desember
Tyd 14 – 23 Desember: 9:00 – 18:00; 24 Desember: 9:00 – 13:00; 26 – 28 Desember: 9:00 – 18:00; 29 Desember: 9:00 – 13:00
Foto: gabrielskloof.co.za
Our Favourite Things-mark
Dié mark spog met stylvolle versamelgoed, en tuisgemaakte produkte. Teug aan ’n glas Gabriëlskloof-wyn terwyl jy die stalletjies deursoek en Gabriëlskloof se asemrowende uitsigte geniet.
Plek Gabriel-landgoed, Swartrivierweg, Gabriëlskloof
Datum 13 Desember – 15 Desember
Tyd 13 Desember: 17:00 – 19:00; 14 Desember: 10:00 – 18:00; 15 Desember: 10:00 – 15:00
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET