Eco Furniture Design 

Hulle maak meubels van volhoubare, natuurlike hout en rond dit af met ekovriendelike verf en afwerkings. Hulle het winkels in Woodstock en Ottery, Kaapstad, maar jy kan ook aanlyn koop. 

Besoek: ecofurnituredesign.com

Reclaim design 

Hier sal jy ’n verskeidenheid tuin- en huisdekor kry van herwinde materiaal. Hulle verkoop onder meer badkamerbykomstighede, boekrakke, kombuisware en vertikale tuine. 

Koop aanlyn: reclaimdesign.weebly.com

Hoity Toity Furniture 

Hou jy van palet-meubels? Dis dan die winkel vir jou. Hulle maak alles van laaikaste en bedbasisse tot eetkamertafels en klein dekoritems van herwinde palethout. Hulle is in Kaapstad gebaseer, maar jy kan aanlyn koop. 

Besoek: hoitytoityfurniture.co.za

Recycabilia 

Hulle gebruik herwinde hout om ’n reeks rustieke items, insluitend rakeenhede tafels en rame, te maak. 

Besoek: recycabilia.co.za vir ’n lys van hul verskaffers landwyd

Ashanti Design 

Hulle maak pragtige kleurryke lap, poewe, mandjies en meer, altyd met hul etos in gedagte – alles wat hulle doen, rus op drie pilare van volhoubaarheid: vir die omgewing, samelewing en ekonomie.

Besoek: ashantidesign.com

PRODUKTE waaroor ons dol is

Ecobox 

Trek jy? Probeer gerus dié verseëlbare, herwinbare Ecoboxes wat maklik op mekaar gepak kan word. Dis beskikbaar in Kaapstad, Johannesburg en Pretoria. 

Besoek: ecobox.co.za

Herbruikbare strooitjies!

The Stream Straw is gemaak van duursame borosilikaat-glas, en die Foreva Straw is van vlekvrye staal.

Besoek: streamstraws.comforevastraws.co.za

Eko-koffiebeker

Die Ecoffee Cup is gemaak van die wêreld se snels groeiende gewas –  bamboesvesel – asook mielieblom en hars. Boonop is dit vry van BPA, ftalaat en diereprodukte.

Besoek: ecoffeecup.co.za

Huisgoed 

Kry messegoed, kossakkies, toiletpapier en meer by Green Home – hul produkte is alles omgewingsvriendelik! 

Besoek: greenhome.co.za


Het jy geweet?

’n Plastiekvrye kruidenierswinkel het pas by Constitutionstraat 5 in Kaapstad geopen. Nude Food verkoop kos volgens gewig en gebruik net herwinbare verpakking. 

Besoek: nudefoods.co.za

Soek jy nog?

Besoek faithful-to-nature.co.za en wellnesswarehouse.com vir ’n verskeidenheid eko-vriendelike leefstylprodukte ...