Alles wat jy wil weet oor vensters kies

Vensters is ’n geweldige belangrike deel van enige gebou. Of jy nou aanbou of opknap, hier is alles wat jy wil weet oor watter vensters en rame om vir jou huis te kies. Dylan Miller van Swartland gee raad.

Vensters-en-rame-main

Nie net verskaf vensters ventilasie en natuurlike lig nie, dit kan ’n ruimte ook helderder en groter laat lyk as wat dit in werklikheid is.

’n Mens moet in gedagte hou dat 20% tot 30% van jou huis se hitteverlies en -opname deur die vensters en deure geskied; daarom kan dit jou op die lang duur heelwat geld spaar as jy van die begin af die regte produkte kies. Energiedoeltreffende vensters is boonop ook ’n omgewingsvriendelike keuse.

Swartland-vensters is ontwerp met die beste isolasie-eienskappe wat tans beskikbaar is en word boonop gemaak van ’n uiters duursame groen, volhoubare en hernubare materiaal: hout.

Wanneer dit by vensters kom, is daar hoofsaaklik vier materiale om van te kies:

Aluminiumvensters verg die minste onderhoud en hul moderne smal rame vergroot die uitsig. Aan die ander kant is dit moeilik om te herstel indien dit skrape of ander skade opdoen.

UPVC-rame kan met groot trefkrag gebruik word om ’n kontemporêre voorkoms te skep; boonop hoef dit nooit geverf te word nie!

Staal dra ’n industriële gevoel oor en is sterk en duursaam. Maar dié staalvensters het ook die laagste gradering vir energiedoeltreffendheid van al vier materiale.

Houtrame het ’n aantreklike organiese voorkoms en dis die energiedoeltreffendste opsie. Boonop is jou keuse van afwerking groter (van beits en seël tot verf) en kan dit maklik herstel word indien dit skade opdoen. En solank jy jou houtvensterrame behoorlik onderhou, sal dit ’n lang leeftyd hê. Hoewel houtrame elke jaar behandel moet word, maak die jongste seëlaars soos Maxicare Water Based Sealant kinderspeletjies daarvan, aangesien dit nie telkens afgeskuur hoef te word nie.

Jongste uitgawe

Des | Jan 2022

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir die huis en tuin nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees
Jongste uitgawe

WERF 2021

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir jou werf nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees