Waar André Rabie op die stoep van die ou hoofhuis hier op sy plaas, Die Poort, sit, verstaan jy vinnig hoekom dié afgetrede professor in die regte so graag sy heil hier kom vind. “Die vreedsaamheid, die voëlsang, die ongelooflike sterrehemel, die vars lug ... Om so na aan die natuur te leef is ’n wonderlike bevryding,” verduidelik hy.

Foto's Francois Oberholster

En ’n mens kan dit sien in die ryk teksture van die geboue op Die Poort. “Ek het nog altyd die rustigheid en eenvoud van die platteland verkies,” vertel André, wat sy wonderlike vakansies op sy oupa se plasie, ook hier buite Calitzdorp, en sy pa se sitrusplasie naby Tzaneen onthou.

Die oud-prof het vier jaar lank gesoek na die perfekte lappie grond naby genoeg aan Somerset-Wes waar hulle eintlik woon. In 1999, ’n jaar voor sy aftrede, was die geluk aan sy kant en het Die Poort syne geword. Nou glip hy en sy vrou van die afgelope drie jaar, Elsa Luckhoff, gereeld hierheen weg.

0616DECdiepoort-web-1

0616DECdiepoort-web-2

Stamp-stamp plaas toe

Die Poort is 17 km per stamperige grondpad buite Calitzdorp. “Dit was die oorweldigende natuurskoon wat my die plaas laat koop het,” vertel André.

“Die huis was maar baie basies met net ’n leefgedeelte, twee pakkamers, ’n ongerieflike badkamer langs die kombuis, en ’n motorhuis. Ons het drastiese veranderinge gemaak en die twee pakkamers en motorhuis in twee slaapkamers en twee badkamers verander. Die oorspronklike ‘kleinhuisie’ is ’n ent van die huis af en het boonop steil trappe. Die vorige boervrou hier, Cielie Nel, het nadat sy jare lank gespaar het die badkamer langs die kombuis laat bou.”

Wanneer André en Elsa saam met die dogters op die plaas kan uitkom, gee dit ’n groot gekuier op die stoep af, veral as André eers sy trekklavier uithaal. Hy speel ook klavier, die melodika, konsertina en orrel. In die somermaande boer hulle saam met die kinders in die rivier vir koelte en luister na die visarend se roep. Snags is dit die klik-langtoonpaddas, en as hulle gelukkig is, hoor hulle selfs ’n luiperd se gerasper.

Salig, eenvoudig, pure plaas.

calitzdorp, platteland, decor, die poort, farm, rustic

Waar die ou vuurherd eens was, is ’n Queen Annestofie ingebou waarop die Rabies nou koffiewater kook. “In die winter hou die stofie die kombuis heerlik warm,” sê André.

0616DECdiepoort-web-5

0616DECdiepoort-web-3

0616DECdiepoort-web-4