Die dae van lelike hondebeddens en vrot komberse in die sitkamer is gelukkig getel – vandag kry jy die mooiste dekor-items vir honde, asook die oulikste mooigoed met hondjies vir mense.

Mooi vir hondtjies

Mooi vir die hondjies …

1. Só ’n mooi bed hoort sommer tuis in ’n leefkamer. Bed met sterrestelsel-motief R850, Benji & Moon.

2. ’n Mooi keramiekkoepel bly maar ’n begeerlike ding – hoekom span jy nie een in vir jou vierpoot-vriend se koekies nie? Koekiehouer R399, Donnafox.

3. Dié oulike bed dien ook as bedkassie in die slaapkamer. Simpli Décor Dog Box R2 990, hellopretty.co.za.

4. Belê in ’n masjienwasbare oorgooideken vir jou rusbank – so is jou banke beskerm en kan jy die deken bloot was nadat Wagter daarop gelê het. Oorgooideken van poliëster en rayon (150 x 220cm) nou R199 (was R549), @home.

5. Vergeet van lelike hondebakke van vlekvrye staal en kies eerder kontemporêre sement. Groot sementbak R620, Benji & Moon.

Gebruik ’n potplanthouer soos hierdie een of voer ’n gewone mandjie uit met plastiek en bêre jou troeteldiere se speelgoed daarin – so sal dit nie ’n klankie kry nie. Potplantmandjie R99,99, MRP Home.

’n Glashouer bly mooi en is perfek vir bederfhappies. Koekiehouer (2,9 liter) R79,99, MRP Home.

Mooi vir mense

Mooi vir mense …

As jy nie self ’n hond het nie, kan jy darem ’n brakkie of twee in jou dekor inspan.

1. Rooi sak met worshond R230, hellopretty.co.za.

2. Kikkerland-hondemagnete R199, superbalist.com.

3. Native Décor-wynhouer R389, hellopretty.co.za.

4. Worshond-boekhouers van Native Décor R300, hellopretty.co.za.

5. Ménagerie Rex-hondekussing R299, superbalist.com.

6. Bulhond-strooikussing van Melktertdekor R275, thislittlemarket.co.za.

7. Kombuisdoek met bulhond R175, Weylandts.