Foto uit Tuis Februarie 2014

Afvalstukkies eikehout, swarthout, bloekom en kiaat maak die mooiste rakke. Pasop net vir enige goggas wat hulle in die hout kan tuismaak; daar sal klein hopies saagsels rondlê as dit die geval is.

Foto uit Tuis April 2016

Ons is dol oor dié pragtige fokuspunt van ’n versameling vintage-glasbottels wat aan ’n ou fietswiel hang.

Foto uit Tuis April 2016
Foto uit Tuis April 2016

Dié kinderstoele word teen die muur gehang en vir pakplek gebruik wanneer dit nie nodig is nie; dit word dan net afgehaal wanneer daar maats kom kuier. Die fokusmuur met ’n motor-tema bestaan uit versamelgoed.

Foto uit Tuis Mei 2017

’n Paar ou jeans, ’n skêr, spelde en lapgom is al wat nodig was om dié ottoman ’n heel nuwe baadjie te gee. Die afstandbeheer pas gemaklik in die sak!

Foto uit Tuis Junie 2017

Hier is ’n ou spieël hergebruik as spatpaneel – dit weerkaats lig, en bring die natuur binnetoe.

Foto uit Tuis Julie 2016

In dié slaapkamer is die bedbasis van bakstene gemaak, die kopstuk bestaan uit ou palette met aluminium-stroke weerskante en die treffende deur was eers ’n ongebruikte tuinhek.

Foto uit Tuis September 2014

’n Speelse dekor-element is ’n goeie manier om ’n vertrek op te kikker. Kyk hoe koel is dié stoeltjie, wynrak en trommel – alles van bekostigbare herwinde hout.

Foto uit Tuis September 2017

Dié kroegtoonbank was eers ’n lorrie se enjinkap. Dit was ’n ashoop-vonds wat nou nuwe nut het.

Foto uit Tuis Verf Dit 2016

Dié kopstuk is gemaak van houthekke wat in die huis se tuin gestaan het. Dis geverf met Antoinette van Annie Sloan.

Foto uit Tuis Opknap 2016

Ons is mal oor die trap wat uit herwinde staal en ou palette bestaan. Boeke skep ’n interessante fokuspunt en versterk die trappe.