Mooiste muurblommetjie

Ons kyk na 5 maniere om jou mure met rose te besaai.

Geraam

Versier jou mure met mooi geraamde illustrasies en foto’s van rose. Span ook lap met roosmotiewe oor ’n raam of skilderdoek en groepeer dit daarmee saam.

geraam

Plakpapier

Een van die treffendste maniere om ’n vertrek te versier, is met plakpapier. Kies ’n klassieke ontwerp wat jou nog jare lank plesier sal gee. Die pragtige roosontwerp deur Eijffinger het ’n tydlose gevoel wat nie net lieflik in ’n dogtertjie se kamer sal pas nie, maar haar later as tiener ook nog gaan bekoor.

plakpapier

Verf

Verf ’n betowerende roossilhoeët teen jou muur. Laai die ontwerp van ons webblad af of kies jou eie en laat maak vir jou ’n afdruk op transparantpapier. Projekteer dit teen jou muur met ’n oorhoofse projektor, trek die buitelyne in potlood af en verf dit in die kleur van jou keuse.

verf

Stensil

Enige vertrek kan in ’n kits styl kry met ’n herhalende roosstensil. Jy kan een deur professionele lasersnyers laat maak of die ontwerp van ons webblad aflaai.

stensil

Vinielplakkers

Viniel gee jou ’n vinnige en redelik goedkoop geleentheid om jou mure te versier. En jy hoef jou nie vir jare tot dieselfde styl te verbind nie, aangesien jy die plakkers maklik kan vervang.

vinielplakkers

Jongste uitgawe

Des | Jan 2022

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir die huis en tuin nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees
Jongste uitgawe

WERF 2021

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir jou werf nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees