Foto’s Elza Roux

DecorWald011

Toe Waldimar Pelser in 2009 sy eenslaapkamer- woonstel van net 52 m2 in die blaarryke Craighall koop, het hy glad nie aan opknap gedink nie. Maar hy het nog altyd daarvan gedroom om in ’n moderne industriële solderwoonstel te bly – hy’t net nooit die kans gekry nie. Verlede jaar het hy dit oorweeg om te verkoop, maar terwyl hy op die webwerf Houzz rondgesnuffel het, het die foto’s hom weer laat dink. “Ek het besef die ruimte waarin ek woon, het al die potensiaal vir my droomplek.”

“Al wat ek gekort het, was ’n argitek wat my kon help om my blyplek se potensiaal te ontsluit.” – Waldimar

DecorWald020

Die vinielvloere is Tempo Ebony Oak deur Earthwerks, van Kevin Bates Flooring. Die muurverf, Geneva Morn, ’n Plascon Cashmere uit die Herbert Evans Legacy Collection, kontrasteer lieflik met die donker vloere en staalbalke geverf in Military Grey, ’n Velvaglo ook uit die Herbert Evans Legacy Collection.

IMG_20141001_083331Voor

DecorWald008

Dié roeispaan is een van vele artefakte wat Waldimar op sy reise in Afrika versamel het.

Dit was ’n gesukkel om die staalkabinet hier in te kry, maar als die moeite werd: Dit lyk asof dit nog altyd hier was. – Waldimar

Slim plan #1

Herstruktureer

Een van die eerste goed waaroor Waldimar, sy argitek Debby Searle en projekbestuurder Maggie Kitshoff saamgestem het, was dat die grootste deel van die baksteenmuur wat die woonstel in twee aparte ruimtes verdeel het – die slaapkamer aan die een kant en ’n beknopte oopplan-leefarea aan die ander kant – moes uit. “Dit was al genade as ek die beste van die vloerspasie wou maak,” verduidelik hy.

Die volgende stap was die verskuiwing van die slaapkamer. Hiervoor het hulle die volume onder die 5 m hoë plafon ingespan. Die oorspronklike tussenvlak, wat as klein studie- area gedien het, is met behulp van ’n breë staalraamwerk vergroot om ’n vloeroppervlak van sowat 6 m2 vir ’n nuwe slaapkamer te skep. “Dis verstommend hoeveel die hele woonstel daarby gebaat het,” verklaar Waldimar.

“Nou is my leefarea dubbel so groot.”

DecorWald035

Design Team-kussings op die leerbank van Essential Life; keramiekvase van In Good Company

IMG_20141026_123107

Dié deel is al wat oor is van die oorspronklike muur wat die woonstel in twee verdeel het.

Slim plan #2

In ’n goeie lig

Waldimar het besef watter voordele doeltreffende beligting vir die ruimtelike gevoel van sy woonstel sou inhou. Met dit in gedagte het hy onder meer LUD-ligte versteek in die holtes van I-balke wat die helling van die plafon volg. “Snags lok die glans jou oog ál hoër sodat die ruimte dadelik groter lyk,” sê Waldimar. Die ligte omskep terselfdertyd die mure in glanspunte, eerder as leë vlakke.

Ook in die badkamer is LUD-ligte agter die spieël bo die wasbak gebruik, wat die indruk gee dat dit sweef. “Ek het die idee by ’n hotel in Kaapstad ‘gesteel’,” bieg Waldimar.

Pleks van ’n groot, lomp hanglig bo die eetkamertafel het Waldimar twee vrolike heldergeel halogeenlampe van ’n besoek aan Parys saamgebring. “Dis darem ’n veel beter reis-aandenking as ’n klompie poskaarte,” glimlag hy.

DecorWald025

Slim plan #3

Kombuissake

Die enigste element wat die vloei van die nuwe oopplan-grondvlak belemmer het, was ’n lomp kombuistoonbank met ’n oorhang. Dit het as klein eetarea tussen die kombuis en die oorspronklike leefarea gedien. Nadat ’n heeltemal nuwe leefarea geskep is, kon die toonbank plek maak vir ’n groter eettafel met sitplek vir ses.

Die praktiese U-vorm van die kombuis is behou, maar Waldimar het nuwe kaste en ’n elegante kombuisblad ingesit wat hy op Gumtree ontdek het. “Dis ’n heerlik gesellige ruimte,” sê Waldimar. “Ek hou daarvan om te kook en tafel te dek terwyl ek heeltyd met my vriende gesels wat tussen die leefarea en die balkon in- en uitbeweeg.”

IMG_20141204_225136

Slim plan #4

Sonder grense

Waldimar se doelwit deur die hele projek was om die ruimte so “oop” moontlik te maak; hy wou soveel moontlik van die woonstel uit elke hoek sien – ook uit die stort. Die oorspronklike storthokkie tussen ’n ingeboude gangkas en die grensmuur is uitgebou na die gang en word daarvan geskei deur ’n glasmuur. “Dis salig om in dié groot, luukse ruimte te stort terwyl die Carl Buchner-olieverfskildery teen die baksteenmuur oorkant die gang vir jou loer,” lag Waldimar.

Die slaapkamer op die tussenvlak is net so “oopgemaak” met behulp van raamlose glasbalustrades. “As ’n mens van onder af kyk, vorm dit een oop ruimte. Maar bo is daar tog ’n mate van privaatheid,” verduidelik hy.

IMG_20141001_083307Voor

IMG_20141001_083322Voor

0315TDecorWP025

Slim plan #5

Vernuftige bêreplek

Een van die grootste uitdagings tydens die opknap was om genoeg bêreplek te skep – twee ingeboude kaste is immers uitgehaal om plek te maak vir die groter stort. Dis Debby wat met die vindingryke plan vorendag gekom het: Die leë ruimte onder die nuwe trap moes rakke kry waarop Waldimar sy hele boekversameling en mooigoed kon uitstal. “Ek was verstom oor hoeveel ons in dié 70 cm diep vakkies kon inpas,” vertel Waldimar. “Dis ’n uiters praktiese oplossing, want dit vorm ook ’n mooi fokuspunt.”

Net langs die trap dien ’n veeldoelige staalkabinet in die industriële styl, gemaak deur Tin Table, as ekstra kombuiskas én as drankkas. “Dit was een van die meubelstukke waar rondom die woonstel ontwerp is,” sê hy. Die oorspronklike tussenvlak, nou ’n gang na die slaap- ruimte, was die ideale plek vir ingeboude kaste. Nog bêreplek is geskep toe die skrynwerker Coenie Vermaak van Woodworx Joinery ’n kas teen die muur agter die bed gebou het wat ook die ou lugreëlaar versteek.

IMG_20141215_063034Tydens

Waldimar se wenke vir klein leefruimtes

• Moenie bang wees om die ruimte tot jou beskikking “oop te maak” deur mure af te breek en sodoende ’n ruimer, gemakliker vloei te skep nie.

• Moet jou nie deur die vloeroppervlakte laat beperk nie; as daar hoogte is, gebruik dit.

• Hou die basis van die ruimte (vloere, mure en meubels) neutraal en bring kleurvolle aksente in met bykomstighede.

• Benut bêreplek ten volle en maak ’n glanspunt daarvan, waar moontlik.

• Anders as gordyne neem blindings so te sê geen plek in beslag nie; dis boonop netjies en maklik om te versorg.

• Belê in veeldoelige meubels, soos ’n rusbank wat ook as slaapplek vir gaste kan dien.

• Jy kan nie ’n fout maak met spieëls en glas in ’n klein ruimte nie.

KONTAKTE EN VERSKAFFERS

@home 0860 66 66 74, home.co.za

Debby Searle Architect and Perspective Artist 083 260 2205, debbysearle.co.za

Essential Life 011 447 2142, essentialliferetail.com

Herbert Evans 011 268 1067, herbertevans.co.za

In Good Company 011 447 1628, ingoodcompany.co.za

Kevin Bates Flooring 011 608 4270, kbac ooring.co.za

Maggie Kitshoff 086 111 3843, gdk.co.za

Tin Table 011 726 7878, tintable.net

Woodworx Joinery 082 956 9101, woodworx.co.za