Foto’s Elza Cooper,Henrique Wilding, Francois Oberholster en Elsa Young/Bureaux l Stilering Marian van Wyk, Amanda van Wyngaardt en Sven Alberding/Bureaux
Neutrale kleure, eenvoudige kaste, werkoppervlakke van kwartsiet en natuurlike materiale gee aan dié kombuise ’n elegansie wat nooit uit die mode sal raak nie.
Dié oop uitstalrak van okkerneuthout sorg vir variasie tussen die toe kaste en bied pakplek vir spesiale breekware.