book-icon Uitgawe Mei 2020

Slaapkamers: Ses verkwiklike ruimtes

akkreditasie

Foto’s Francois Oberholster, Henrique Wilding en Karl Rogers Stilering Marian van Wyk

Die stoel is oorgetrek met Marimekko-lap wat Stefan van Finland af gebring het; die treffende patroon het ook ’n speelse karakter.

Blou is die gewildste kleur in die wêreld. Dis ook een van Stefan Blom en Albie du Toit se gunstelingkleure, daarom was dit ’n voor die hand liggende keuse vir ’n gastekamer in hul huis in Groenpunt. “Blou kom oral in die natuur voor; dink net aan hoe blou die lug lyk wanneer jy op jou rug in die gras lê, of terwyl jy in koel blou water swem … Blou is bekend en vertroostend,” sê Stefan, ’n sielkundige. “Dit voel asof dié kamer jou omhels, en ons gaste is mal daaroor.” Stefan en Albie het blou oral in die kamer gebruik – die mure, vloer, kas, beddegoed én gordyne is alles blou. Vir ’n rustige atmosfeer het hulle drie verskillende skakerings herhaal, maar om seker te maak dit raak nie té eentonig nie, is die agterkant van die deur helderpienk. “Ons verf altyd die gastekamers se deure in ’n kontrasterende kleur vir ’n lekker verrassing,” sê Stefan.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

Sep | Okt 2021

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir die huis en tuin nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees
Jongste uitgawe

WERF 2021

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir jou werf nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees