Hannelie de Klerk van Waterkloofrif, Pretoria, het besluit dis hoog tyd dat haar hoofslaapkamer ’n bietjie aandag kry. Met die hulp van hul plaaswerkers het hulle besluit om self die projek aan te pak en hul planne vir die vertrek ’n werklikheid te maak. Die klinkersteenmure is toegepleister en geverf met Aluminium Grey van Plascon in Matt Double Velvet en ’n fokusmuur agter die bed is geverf met Cloverdale Plascon, ook uit die Matt Double Velvet-reeks.

Die kamer is verder vernuwe met vloere van soliede eikehout van Forest Flooring in die kleur Smoke. Die beskadigde buitedeur is vervang met ’n deur van Van Acht wat deur die plaaswerkers self ingebou het. Die vensters en buitedeur spog nou met pragtige wit aluminium-veiligheidshortjies van Blinds for U.

Die statige kopstuk van Provance Antiques is ideaal vir die ruimte en rond die dromerige prentjie mooi af. Die meubels is opgekikker met Annie Sloan-verf, wat ook beskikbaar is by Provance Antiques. Die kaste is van Ligna Kitchens en is geverf Plascon Velvaglo se Plaster geverf het om by die res van die vertrek te pas.

Selfs die instapkas, wat eens baie donker en onaangenaam was, het nuwe lewe gekry. ’n Venster maak die wêreld se verskil – nou stroom daar natuurlike lig in.

Hannelie before 2  Hannelie before 1Hannelie after 4 Hannelie after 3

Hannelie after 2