Soos altyd is ons nuutste uitgawe propvol inspirasie, maar dié uitgawe het selfs meer! Elke uitgawe het ’n gratis mandala deur die kunstenaar Lize Beekman.

As jy die tydskrif omdraai, kan jy sien watter een is gratis by jou eksemplaar ingesluit – as jy wil, versamel sommer al vier!

Koop ’n raam waarvan jy hou en hang dit waar jy jou mandalas kan waardeer:

1 Teen ’n skoon wit muur sodat die mandalas kan uitstaan.

2 As jy al vier het, rangskik simmetries, soos dié vierkant.

3 Geen hake? Geen probleem. Hoekom stal jy nie jou mandalas op ’n rak uit nie, soos die foto hier wys. Smal swart rame werk goed om kunswerke teen ’n muur te laat uitstaan, ongeag die agtergrondkleur. Dis skoner en moderner as natuurlike rame – perfek om die aandag op jou pragtige versameling te vestig.