Vergeet van Ouma se komberse en doilies – gee jou dekor warmte met tydlose gehekelde items wat nou weer hoogmode is.

Deur Simone Borcherding

Foto’s Francois Oberholster

0615DECcrochet-011

Sit gerus

Industriële metaalstoele kan koud en onaangenaam in die winter wees, maar eenvoudige gehekelde oortreksels los dié probleem op. Maak dit van sintetiese draad sodat jy dit sommer in die wasmasjien kan gooi.

Crochet-vars-idees-web-1

Kop omhoog

Dalena White neem ou skedels en horings, maak dit skoon en versier dit dan met liefde en ’n hekelpen. Stal ’n kudde van dié wolen katoenversierde koppe teen ’n natuurlike agtergrond uit, en kyk hoe kry dit die tonge los... Te kry by Artvark Gallery in Kalkbaai.

crochet-vars-idees-web-2

Links Steke(l)rig

Ons is dol oor Projekt se Fair Tradegehekelde kaktusse. Dit word gemaak deur vakmanne in Houtbaai, en gee trefkrag aan ’n boekrak.

Regs Vlieënde vaandels

Maak ’n volwasse weergawe van siervlaggies sonder dat dit hul prettige element verloor. Gesoute hekelaars kan ’n verskeidenheid neutrale tone in elke vlag probeer.

0615DECcrochet-006

Perfekte vermomming

Verbloem onooglike plastiek-plantpotte met hierdie eenvoudige gehekelde mandjies. En wanneer jou huisplante hul potte ontgroei het, kan dit as bêreplek vir ditjies en datjies dien.