Danksy die Dulux Colours of the World™ Soulful Kenya™-palet is dié vaal sitkamer nou ’n rustige toevlugsoord – so reg uit Afrika.

 Maak jou drome ’n werklikheid. Kies jou vertrek, visualiseer dit met die Dulux Visualizer-app, en kies jou kleure!

Nadat hulle by hul nuwe huis ingetrek het, was Liz-Maré en Ron Stain gretig om hul oopplan-leefarea ’n gesellige, knus ruimte te maak.

Met donkerhout-erfstukmeubels en ’n leerbank waaraan hulle baie geheg was, wou die paartjie ’n kleurskema hê wat inspirasie put uit die natuur, met aardse tone wat herinner aan die vlaktes van Afrika en warm skakerings wat hul bestaande meubels sou komplementeer.

Die Soulful Kenya™-palet uit die Dulux Colours of the World™-versameling was net reg vir die projek. Soulful Kenya™, geïnspireer deur een van die wêreld se mooiste landskappe, ?bied vyf unieke skakerings muurverf wat mekaar mooi komplementeer, wasbaar is en nie ’n skerp reuk afgee nie.

Dís wat hulle gedoen het?…

1. Die TV is verwyder om plek te maak vir ’n fokusmuur in Truly Kenya™; die ander mure is in Gentle Kenya™ geverf. Die TV staan nou op ’n kassie aan die ander kant van die vertrek.

Kenia-voor-en-na-hoekding

2. Ron het op hoërskool self die uitstalkas (links) met sy glasdeure gemaak. Dis net so gelos – kyk net hoe pragtig werk die ryk hout saam met die kleur op die mure! Saam met die dekor op die muur en wit uitstalgoed skep dit ’n rustige hoek in dié sitkamer.

3. Danksy ’n laag Gentle Kenya™ spog die ou hoekeenheid (regs) met sy donker fineerafwerking nou in ’n splinternuwe baadjie. Eers het dit ’n laag Dulux Supergrip gekry en toe twee lae verf. Daarna is die deure geskuur met 120-grint-skuurpapier om die aardse voorkoms te versterk. Nou is dit die perfekte pasmaat vir die herskepte koffietafel.

TV-cabinet

4. Die TV-eenheid, wat eers ’n seeroog was, is in ’n pragtige koffietafel omskep. Die Stains het eenvoudig die rugkant verwyder, die eenheid met Dulux Supergrip voorberei en toe die onderste deel in Gentle Kenya™ en die boonste deel in Rich Kenya™ geverf. Die kleure pas perfek by die leerbank, klapperhaarmat en sagte kleure teen die mure.