Lig en lekker

Sit ’n droë garingboom in ’n pot en versier met kleurvolle soetkoekies.

0112HM038.pdf

Inheems en lewend

Die inheemse Afrikaanse buksboom (Buxus macowanii) met sy fyn loof en spits vorm is die ideale Kersboom. Die boompie hou van skaduwee en is uiters geskik as houerplant. En omdat hy stadig groei, kan jy hom ná Kersfees in sy houer los en volgende jaar weer gebruik. Koop joune by kwekerye wat in inheemse plante spesialiseer.

0112HM039.pdf

Wees gegroet!

Weerspieël jou beste wense in die vorm van ’n boom – met lipstiffie! Voeg gerus ’n paar blink balle by vir ekstra blieng. As die fees verby is, kan jy die spieël eenvoudig met ’n spesiale glasdoekie skoonvee.011209HMM017.pdf

Wit Kersfees?

Vrolik ’n steriele kombuis op met yskasmagnete en ander tierlantyntjies in die vorm van ’n boom. So kan jy jou warmte deel met elkeen wat iets koels kom haal.

tree-4

Uit die tuin

Kry ’n paar takke in jou tuin, pak dit in ’n groot, ou pot en versier met epifiete, verweerde draadharte, engele en sterre.

011209HMM050.pdf

Bak ’n boom

Gemmerkoekiedeeg word lekker hard wanneer dit gebak word, en is dus ideaal om Kersboomkoekies of selfs ’n Kersboompie te maak. Vorm een groot driehoek en twee die helfte so groot met die deeg en bak dit. Meng versiersuiker en eierwit tot ’n dik, wit versiersel en gebruik dit om die driehoeke met lekkers te versier. Sodra dit droog is, heg die twee halwe driehoeke aan die groot driehoek om ’n boompie te vorm.

011210HMM021.pdf

Hang aan ’n tak

Hierdie eenvoudige Kersboom van takke is die perfekte plek om jou Kerskaartjies uit te stal. Gebruik twee lang takke om ’n driehoek te vorm, en korter takke as dwarslatte om jou Kerskaartjies aan te hang.011210HMM022.pdf

Groen baadjie

Tooi verlede jaar se Kersboompie van wingerdlote met kronkelwilgtakke, katstertvarings en die groen rosette van die koningskroon (Aeonium).

011211HMM019.pdf

Plant ’n plankie

Neem eenvoudig ’n houtpalet en saag ’n Kersboomvorm daaruit. Sorg dat die boom ’n stewige basis het waarop dit kan staan. Verf die hout met ’n waterbasis-PVA-verf in kleure wat by die see pas. Omdat die hout grof is, het ons ’n kombinasie van kleure – wit, grys en turkoois – ligweg oor die palet geverf om dit effens verweer te laat lyk.

Versier jou boom met skulpe en dryfhout. Vir kleur het ons gekleurde seesterretjies gekoop, aan lint vasgegom en aan die plankies gehang.

011211HMM084.pdf

Kinderhandjies

Met kinders wat so gou grootword, is ’n Kersboom van hul handjies net die ding om harte te steel en vir altyd te bêre. Koop ’n skilderdoek by ’n kuns- of skryfbehoeftewinkel. Kies vier of vyf skakerings van groen handwerk-akrielverf vir die boom se blare, bruin verf vir die boom se stam en silwer of goud vir die boonste handjie. Help jou kinders of kleinkinders om hul handjies te verf en versigtig in die vorm van ’n Kersfeesboom op die skilderdoek te druk. Dis nie nodig om die agtergrond van die skilderdoek ook te verf nie – die boompie staan mooi uit teen die wit.

Hang dit tydens die feestyd teen ’n muur of stal dit op ’n kaggelrak uit.

011211HMM088.pdf

Krismisboom

’n Krismisroos bly ’n mooi ding, en wie sou kon dink jy kan ’n Krismisboom daarvan maak? Begin met ’n oasevorm en rangskik krismisrose van enige kleur rondom – ons het groen gekies, maar jy kan ook wit gebruik of selfs die tradisionele pienkes of bloues. Vir ekstra trefkrag, druk ’n paar amarillisse tussenin. Dié boompie sal ook mooi droog word.

tree-11

In ’n blik gedruk

Maak steggies van al jou woestynrosies en plant dit in klein blikbekers. Hang die bekers in ’n driehoekvorm wat aan ’n Kersboom herinner teen ’n ou hek. Hou party bekers leeg vir afwisseling.

fresh ideas, wreath, christmas

Als mooi bymekaar

Kort jy pakplek vir die presente? Skep vir Kersvader ’n hoekie soos dié, met kissies van groot na klein op mekaar gestapel in die vorm van ’n Kersboom. Die kissies is eers met ’n laag Annie Sloan Dark Wax geseël en toe met verskillende stensils versier in ’n verskeidenheid Annie Sloan-kleure, soos Emperors Silk, Pure, Paris Grey, Louis Blue en Aubusson Blue. Teekersies in glashouers sal lig verskaf nadat die son gesak het.

staff, fresh ideas, table, pond, ivy

Kry nog inspirasie in ons pragtige Desember-uitgawe!