Dié yl versierde gastekamer met sy opblaasmatras en geërfde kas het dringend ’n oormaak en kleur-inspuiting nodig gehad – en die Dulux Colours of the World™-reeks het die perfekte kleure gehad! Danksy ’n fokusmuur met ’n lig-na-donker-effek in twee skakerings uit die Passionate Argentina-palet is dié voorheen vaal ruimte nou warm en onweerstaanbaar.

VoorDulux-OMBRE-before

Dulux-OMBRE-after

Dulux Colours of the World™-verf is wasbaar, het nie ’n skerp reuk nie en is ideaal vir binnemure. Dis hoe jy die ombre-muur skep:

Dulux-paint-ombre1. Die muur moet heeltemal skoon wees voor jy die basislaag aanwend. Besluit op die twee verfkleure wat jy wil gebruik ?(ons het Tender Argentina™ en Truly Argentina™ gekies) en verf die hele muur met die ligste skakering – in ons geval Tender Argentina™.

2. Gebruik ’n waterpas en potlood of kryt en merk liggies op die muur waar jy die twee kleure wil laat saamsmelt.

3. Begin by die bopunt van die muur met die ligste kleur en werk van bo na onder. Die idee is dat jou roller se verf opraak wanneer jy die merk wat jy gemaak het, bereik. Só kry jy ’n sagte ineensmelting van die kleure. Verf die tweede kleur onder die merk, maar werk nou van onder af boontoe om die kleurwas-effek te kry.

4. Sodra albei kleure droog is, sal die kleure begin saamsmelt. Gebruik ’n groot, droë kwas en doop dit liggies in een of albei van die kleure en vee kruis en dwars daarmee oor die verf tot jy die verlangde voorkoms het. Gee jou verbeelding vrye teuels!

Die Dulux ?Colours of the World™ Passionate Argentina-palet het sagte perskekleur tone.

Om af te rond

Hou die kleurskema van jou dekor eenvoudig sodat jou fokusmuur al die aandag geniet.

Lampshade-before-and-after

Hergebruik ou huisware. Hier het ’n geroeste lampskerm nuwe lewe gekry met twee lae Hammerite™ Direct to Rust Metal Paint in Smooth Black. ’n Fraiing is bygevoeg met ’n gompistool om die voorkoms van die lampskerm ?te versag.