Die sitkamer is die middel­punt in Mandy Lomberg en haar lewensmaat, Wilfred Jewell, se huis in Kenilworth. Maar dié sentimentele paartjie het baie goed opgegaar.

Ons het hulle gehelp om dié saai vertrek op te kikker met inspirasie uit die tuin.

VoorBlomkaggel-voor

Blomkaggel-na

Danksy ’n hoë plafon, mooi parketvloere, natuurlike lig en goeie meubels was daar oorgenoeg om mee te werk. Die eerste stap was om al die losgoed te verwyder. Mandy en Wilfred het toe op ’n natuurlike kleur­ palet met kleure en teksture so reg uit ’n groentetuin besluit – wortel­ oranje, saliegroen, beetrooi en blomkoolwit.

Kitsoplossing #1

Bykomstighede in helder kleure en prettige groente-motiewe rond die voorkoms af. Laat ’n paar foto’s op lap druk en maak jou eie, unieke strooikussings.

Kitsoplossing #2

Die kaggel is oorgeteël met ’n eklektiese verskeidenheid handgemaakte Marokkaanse teëls; elke afvalstukkie teël is gebruik om gapings in dié treffende kaggel te vul.

Kitsoplossing #3

’n Handgeweefde mat voeg warmte by die ruimte en “skei” die sit- en eetarea.