Dié week op My plek of joune? (Dinsdae om 17:30 op VIA, DStv-kanaal 147) stry Lucindia en Charmain oor Arlia se kamer. Lucindia en haar dogter Arlia het onlangs by haar ma, Charmain, ingetrek en die helfte van Arlia se klerekas word nog afgestaan aan ouma se klere. Dan is daar die hope speelgoed ...

Voor Voor

Voor Voor

Ouma Charmain meen Arlia kort ’n “grootmeisie”-kamer en mamma Lucindia geniet dit om haar dogter met speelgoed te bederf.

Isabel is weer ontbied waar sy weer vandag met R10 000 verandering in klein Arlia se kamer moet bring. Hopelik bring sy ook stylversoening tussen ma en ouma.

Pleks van die gewone aksentmuur in ’n vertrek, kan jy joune anders maak deur dit drie verskillende kleure te verf. Deel die muur in drie driehoeke op en verf elke driehoek ’n ander kleur.

Gee jou boekrak nuwe lewe deur jou gunstelingkleur-papier (hetsy dit effekleurig of patrone is) bo-oor die boekrak te plak.

Vervang jou gordyne met ’n lapblinding in ’n kleur waarvan jy hou. Dis nie net modern nie, maar los ook meer ruimte onder die vensterbank.

NáNá

Skakel elke Dinsdag om 17:30 op VIA (DStv-kanaal 147) in vir nuwe episodes vanMy plek of joune? of skakel Sondae om 18:00 in vir die heruitsending.