Hierdie week op My plek of joune? (Dinsdae om 17:30 op VIA, DStv-kanaal 147) stry Annamarie en Elsabé oor hul sitkamer: Elsabé soek ’n boheemse sitkamer. Annamarie soek iets moderns waar sy tromme kan speel. ’n Muntopskiet sien wie met min geld, tyd en ’n kennerspan die vertrek omskep.

Voor Voor

Voor Voor

Isabel het weer dié week R10 000 tot haar beskikking om een van die deelnemers se dekordrome te bewaarheid. Met ’n bietjie geluk word daar ook stylvrede gebring.

Moenie jou ou TV-kas weggooi nie. Omskep dit in ’n hondebed en sit ’n kussing aan die onderkant waarop jou hond kan lê.

Jy hoef nie altyd wit te gebruik as jy van ’n skoon, moderne voorkoms hou nie. Swart en grys kan ook daardie effek skep.

Omskep jou ou metaal-wasgoedmandjie in ’n koffietafel. Maak dit op sy kop staan en maak ’n houtblad bo-op vas.

Maak jou eie slope vir jou strooikussings: koop ’n stuk effekleurige lap en verf jou gunstelingpatroon daarop.

NáNáNá

Skakel elke Dinsdag om 17:30 op VIA (DStv-kanaal 147) in vir nuwe episodes vanMy plek of joune? of skakel Sondae om 18:00 in vir die heruitsending.