Hierdie week op My plek of joune? (Dinsdae om 17:30 op VIA, DStv-kanaal 147) stry Janice en Faghrie oor hul waskamer. Albei weet dis ’n slagveld en ’n seeroog. ’n Muntopskiet sien wie met min geld, tyd en ’n kennerspan die vertrek omskep.

Voor Voor

Voor Voor

Met vier kinders stapel die wasgoed vinnig op en kort Janice en Faghrie se waskamer dringend ’n nuwe baadjie.

Kies ’n verfkleur wat prakties vir die doel van die vertrek is. Janice wou ’n vars, skoon gevoel skep en het op ligblou vir die mure besluit.

Dit klink dalk onmoontlik, maar jy kán jou wasmasjien ’n nuwe voorkoms gee. Isabel het hul wasmasjien swart gespuitverf vir ’n meer moderne gevoel.

As jou geiser ontbloot is, kan jy ’n afskorting bou om dit te versteek. Melt het ’n “boks” uit planke gebou met ’n deur wat toegang tot die geiser bied.

NáNá

Skakel elke Dinsdag om 17:30 op VIA (DStv-kanaal 147) in vir nuwe episodes vanMy plek of joune? of skakel Sondae om 18:00 in vir die heruitsending.