Kussings van Skinny laMinx; mat van Rugalia Designer Rugs

Die boks is geverf in Plascon Red Flame

PROJEKGIDS

Harde werk 3/10

Vaardigheidsvlak 4/10

Tyd nodig 1 tot 2 uur

Maak dit vir net meer as R700: Hout R450, skroewe R20, rolwiele R60, verf R180

Foto’s Francois Oberholster | Stilering Marian van Wyk

Wat jy nodig het

INKOPIELYS

  • 18 mm-laaghout, soos volg gesaag:

twee 1 200 x 180 mm (lang sye)

twee 564 x 180 mm (kort sye)

een 1 164 x 564 mm (bodem)

een 1 164 x 160 mm (lang verdeler)

drie 564 x 160 mm (kort verdelers)

  • een pakkie 6 mm x 50 mm-spaanderbordskroewe
  • een pakkie 6 mm x 16 mm-spaanderbordskroewe
  • houtlym (ons het Alcolin Fast Set Wood Glue gebruik)
  • ses 25 mm-rolwiele
  • houtvuller
  • skuurpapier
  • verf of vernis van jou keuse

GEREEDSKAP

  • koordlose boor en 3 mm-boorpunt
  • potlood
  • maatband
  • figuursaag
  • houtklamp
Projeknotas
  • Die boks word verdeel deur planke waarin gleuwe gesaag is sodat hulle inmekaarskuif.
  • Skuur jou planke vooraf.
  • Boor gidsgaatjies waar nodig.
  • Wanneer jy klaar is, vul alle skroefgate met houtvuller, wag tot dit droog is en skuur deeglik. Verf of vernis dan die hout in die kleur of afwerking van jou keuse.

So maak jy...

1 Bou ’n raam deur die twee 564 x 180 mm-sye tussen die ente van die twee 1 200 x 180 mm-sye vas te lym en te skroef (gebruik die 6 mm x 50 mm-skroewe). Plaas die bodemplank in die raam en skroef dit van buite af aan die raamsye vas.

2 Merk op die lang verdeler die posisies vir die drie kort verdelers; saag die nodige gleuwe (82 x 20 mm) uit. Saag eenderse gleuwe in die middel van die kort verdelers en plaas die verdelers in die kis.

Skroef ’n rolwiel op elke hoek vas (met 6 mm x 16 mm-skroewe), asook een in die middel van elke lang sy vir ekstra ondersteuning.

Hout verskaf deur Timbercity.

KONTAK EN VERSKAFFERS

Deon de Goede 084 589 5026, deon@diydeon.co.za

Rugalia Designer Rugs 021 511 3228

Skinny laMinx 021 424 6290