Foto’s Francois Oberholster | Stilering Marian van Wyk

PROJEKGIDS

Harde werk 5/10

Vaardigheidsvlak 4/10

Tyd nodig 1 tot 2 uur

Maak dit vir ± R2 390:

Hout R1 890, skroewe en rakspykers R50, gom R40, skuurpapier R10, wiele R400 

Wat jy nodig het

Inkopielys

• 18 mm-laaghout, in die volgende groottes gesaag: vier 800 x 600 mm (sye) vier 564 x 600 mm (bo- en onderkante) twee 764 x 564 mm (rugkante) twee 764 x 57 0mm (verdelers) agt 273 x 570 mm (rakke)

• 18 mm- gelamineerde dennehout: een 1 240 x 610 mm (werkblad)

• twee 75 mm-rolwiele met rem

• twee 75 mm-rolwiele sonder rem

• Alcolin Fast Set Glue

• een pakkie 6 mm x 40 mm-spaanderbordskroewe

• een pakkie 8 mm x 30 mm-spaanderbordskroewe

• een pakkie rakspykers

• 150-grint-skuurpapier

GEREEDSKAP

• koordlose boor en 3 mm-boorpunt

• potlood

• maatband

• hamer

PROJEKNOTAS

• Dié werkstasie bestaan uit twee klein kaste wat aanmekaargesit is om ’n eenheid te vorm.

• Meet noukeurig.

• Skuur jou planke vooraf.

• Onthou om gidsgaatjies te boor.

1 Lê die 800 x 600 mm-sye op jou werkoppervlak neer. Merk waar die 564 x 600 mm-bo- en -onderkante tussen die sye moet inpas en boor die nodige gidsgate. Merk ook die posisie vir die rakke en kap die rakspykers in. Lym en skroef die bo- en onderkante vas. Skroef ook die 764 x 564 mm-rugkant vir elke kassie vas. Plaas die 764 x 570 mm-verdeler in posisie en skroef vas. Sit die rakke in.

2 Sit die kassies onderstebo langs mekaar op die dennehoutblad neer. Skroef hulle by die sye aan mekaar vas en skroef dit dan deur die bokante aan die blad vas. Skroef nou ’n wiel op elke hoek van die eenheid vas. Vul enige skroefgate met houtvuller en skuur glad; skuur ook die blad se rande effens ronder. Verf of vernis dan die eenheid in die afwerking of kleur van jou keuse.

KONTAKTE EN VERSKAFFERS

Deon de Goede 084 589 5026, deon@diydeon.co.za

Timbercity