Projekgids
  • Harde werk 6/10
  • Vaardigheidsvlak 6/10
  • Tyd nodig 8 uur
  • Klaar grootte 1,5 m (b) x 2,1 m (h) x 1 m (d)

Projeknotas

  • Wanneer jy buitestrukture maak is dit wys om behandelde hout te gebruik – hoewel ’n goeie universele onderlaag dit ook deeglik sal seël.
  • Plaas vier bakstene onder die pote om te keer dat dit vrot.

Wat jy nodig het

Inkopielys

  • ses 3 m-lengtes 114 x 38 mmalkantgeskaafde (“PAR”-) dennehout, gesaag in: vier 2 100 mm-pote en vier 1 500 mm-dakbalke
  • vier 3 m-lengtes 38 x 38 mmalkantgeskaafde dennehout, gesaag in: vier traliestutte van 1 200 mm en vyf dwarsbalkies van 1 000 mm
  • vyftien 3 m-lengtes 30 x 10 mmdennehout- dekstroke, gesaag in: dertig lengtes van 750 mm en sestien lengtes van 1 200 mm (vir die tralies)
  • een 3 m-lengte 228 x 38 mm- alkantgeskaafde dennehout (vir hoekstutte)
  • houtlym
  • 8 x 75 mm- en 8 x 50 mm-skroewe
  • 120- en 240-grint-skuurpapier
  • houtvuller
  • universele onderlaag en verf in die kleur van jou keuse
  • 20 mm-platkopspykers

Gereedskap

  • boor
  • figuursaag
  • potlood
  • maatband
  • skroewedraaier
  • waterpas
  • hamer
  • groot tekendriehoek

So maak jy ...

Vooraf: Rond die vier dakbakle alkant af met ’n profiel; jy gaan dit later vassit.

1. Maak die sykante Sit ’n traliestut aan elke poot vas deur eers gidsgate te boor en dan met 50 mm-skroewe vas te skroef. Posisioneer die stutte 240 mm van “onder” en 30 mm van die “binne”-rand af. Jy het ’n voor- en ’n agterpoot vir elke traliekant nodig.

2. Sit ’n voor- en ’n agterpoot parallel langs mekaar neer en plaas 15 van die 750 mmdekstroke horisontaal en eweredig uitmekaar oor die lengte van die traliestutte. Lym en kap met spykers vas. Plaas agt dekstroke haaks en eweredig uitmekaar oor bogenoemde en kap vas. Herhaal met die ander traliekant.

3. Gebruik jou figuursaag om vier hoekstutte uit die 228 x 38 mm-dennehout te saag.

Mike sê: Plant ’n rankplant soos ’n grenadella alkant van jou prieel om jou met skadu, pragtige blomme en heerlike vrugte te beloon!

4. Sit dit aanmekaar Sit ’n dakbalk op die grond neer en skroef ’n traliekant net binne die detail op die ent van die balk vas (sorg met jou tekendriehoek dat dit haaks is).

5. Versink die onderste skroefgate vir die hoekstutte deur dit eers met ’n boorpunt wat net groter as die skroefkop is, te boor.

6. Skroef ’n hoekstut tussen die poot en die balk vas. Herhaal met al vier die hoekstutte.

WENK Laat iemand jou help om die struktuur regop staan te maak wanneer jy die onderste skroewe in die hoekstutte moet indraai.

7. Skroef laastens nog ’n balk aan die binnekant oor die hoekstutte vas.

8. Skroef die dwarsbalkies heel bo op die dakbalke vas.