Foto’s Francois Oberholster Stilering Marian van Wyk
Harde werk 3/10
Vaardigheidsvlak 6/10
Tyd nodig 4 tot 5 uur
Maak die rak vir ± R1 110:
Hout R980, skroewe R20, gom R30, skuurpapier R10, houtvuller R30, staal R40
Projeknotas
• Meet twee keer, dan koop jy net een keer.
• Skuur jou planke vooraf.
• Onthou om gidsgaatjies te boor.
#1 Trendy met staal
Wat jy nodig het
INKOPIELYS
• 22 x 69 mm- geskaafde dennehout, gesaag in: twee 1 540 mm-voorkante vier 320 mm-sye
• 18 mm-laaghout gesaag in: vier 1 500 x 300 mm-rakplanke
• dennehoutvuller
• Alcolin Fast Set Glue
• 25 mm-vierkantstaalpyp, gesaag in: vier 300 mm-lengtes en twee 400 mm-lengtes (stutte)
• 25 x 3 mm-platyster, sowat 300 mm lank (skroefplate)
• ’n pakkie 6 mm x 50 mm-spaanderbordskroewe
• 150-grint-skuurpapier
• vier 6 mm x 70 mm-spoorskroewe
• vier 8 mm-nylonmuurproppe
GEREEDSKAP
• koordlose boor, 3 mm- en 8 mm-betonboorpunt
• potlood
• maatband
• sweismasjien en -toerusting
• ratelsleutel
Só maak jy...
1 Saag die ente van die 1540mm-voorkante teen ’n 45-grade-hoek. Plaas twee 1500 x 300mm-rakplanke parallel langs mekaar; lym en skroef ’n voorkant oor albei vas (sien foto 1). Saag die “voorste” ent van die 320mm-sye teen ’n 45-grade-hoek. Lym en skroef twee van die sye op die ente van die laaghout vas. Herhaal die proses en maak nog so ’n rak. Vul die skroefgate deeglik met houtvuller alvorens jy die rak glad skuur en vernis of verf in die afwerking of kleur van jou keuse. Ons het Annie Sloan se Dark Wax gebruik.
2 Boor gate vir die skroefplate in die platstaal voordat jy dit in 60 mm-lengtes saag (dis dan makliker om vas te hou). Sweis ’n 300 mm-vierkantstaallengte haaks by elke ent van ’n 400 mm-lengte vas. Sweis ’n 60 mm-skroefplaat haaks by die ent van albei 300 mm-“bene” vas. Laat die staal goed afkoel alvorens jy dit swart verf. Ons het roeswerende One Can Etch Primer van Sabre Paints gebruik.
3 Merk die posisie van die staalstutte teen die muur en maak seker dat dit waterpas is. Boor vier 8 mm-gate met die betonboorpunt en druk die muurproppe in die gate. Skroef die stutte vas met die spoorskroewe. Plaas die rakke op hul plek en skroef dit deur die staalstutte vas met spaanderbordskroewe.
#2 Steeds gewild
Keramiekbakke van Nada Spencer Ceramics
Wat jy nodig het
INKOPIELYS
• 32 x 220 mm- geskaafde dennehout, gesaag in: twee 700 mm-planke (regop planke) twee 900 mm-planke (rakplanke) vier 260 x 100 mm-planke (stutte)
• dennehoutvuller
• Alcolin Fast Set Glue
• ’n pakkie 6 mm x 50 mm-spaanderbordskroewe
• 150-grint-skuurpapier
• twee 6 mm x 70 mm-spoorskroewe
• twee 8 mm-nylonmuurproppe
GEREEDSKAP
• koordlose boor, 3 mm- en 8 mm-betonboorpunt
• potlood
• maatband
• ratelsleutel
Harde werk 3/10
Vaardigheidsvlak 4/10
Tyd nodig 1 tot 2 uur
Maak die rak vir ± R910:
Hout R820,
skroewe R20,
gom R30,
skuurpapier R10,
houtvuller R30
Só maak jy...
1 Saag die 260 x 100 mm-planke se ente teen 45 grade in teenoorgestelde rigtings (sien skets). Sit die twee 900 mm-rakplanke haaks op die twee 700 mm-planke neer (sien foto 1). Meet en merk waar jy die rakke wil hê, asook waar die stutte moet wees.
2 Boor gidsgaatjies tussen die merke op die 700 mm-planke. Plaas nou die 700 mm-planke bo-op die 900 mm-rakplanke; lym en skroef aan mekaar. Draai die rakke om en skroef die vier stutte op hul plek vas.
3 Merk die rak se posisie teen die muur en boor die gate vir die muurproppe met die 8 mm-betonboorpunt. Druk die muurproppe in die gate en skroef die rak met die spoorskroewe teen die muur vas.
Hout verskaf deur Timber Connection
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET