PROJEKGIDS

Harde werk 5/10

Vaardigheidsvlak 4/10

Tyd nodig 4 uur

Klaar grootte ± 1 900 (l) x 750 (b) x 900 mm (h)

Maak dit self teen ± R1 550:

Oregondennehoutdeur R650; hout,

Rolwieletjies en skroewe R700; lym R100; handvatsel R100

Inkopielys

• ou deur

• 69 x 69 mm-dennehout (pote)

• 22 x 94 mm-dennehout (raam en rakstutte)

• 22 x 44 mm-dennehout (hegstroke en rakstutte)

• handvatsel

Plus

• houtlym

• 50 mm-spaanderbordskroewe (vir dennehoutlasse)

• 2 x 100 mm-draai- of vaste rolwieletjies met hegplaat

• 120-grint-skuurpapier (om die houtvuller te skuur)

• houtvuller

• verf

• verfkwas

Gereedskap

• boor

• gidsboorpunt en plat boorpunt

• tekendriehoek

• figuursaag

• potlood

• maatband

• skroewedraaier

Projeknotas

• Ek het die palette uitmekaar gehaal en die struktuur volgens die grootte van die werkblad daaruit gebou.

• Ek het die nuwe hout met ’n mengsel van 1 deel bruin PVA en 5 dele water geverf om by die ou paletplanke te pas.


1 Maak die raam uit 22 x 94 mm-dennehout sodat die struktuur reg rondom 50 mm kleiner as jou deur sal wees. Merk die mate uit met ’n tekendriehoek en saag die planke met jou figuursaag. Sit die raamwerk aanmekaar deur eers gidsgate so groot soos die dikte van die skroefskag te boor; lym en skroef dan vas. 

2 Lym en skroef stutte van 22 x 44 mmdennehout aan die binnekant van elke ent vas om die deur aan vas te sit.

3 Skroef die raamwerk van onder af aan die deur vas.

4 Maak jou paletrakke so breed soos die binne-afmetings van die raam, minus die dikte van die rakstutte (44 mm). Die lengte van die rak hang af van hoeveel sit- of bêreplek jy wil skep.

5 Sit die rakstutte aan die raam se binnekant vas – hou die hoogte van die rolwieletjies in gedagte.

6 Installeer die paletrakke met behulp van lym en skroewe.

7 Posisioneer en skroef die 69 x 69 mm-pote in die raam vas; sit ook die ondersteunende hegstrook vir die handvatsel aan.

8 Gebruik 'n plat boorpunt en boor 'n gat vir die handvatsel

9 Sit dit van agter vas met plat moere.

10 Skroef die wiele aan. Vul skroefgate, skuur en verf jou eiland in die kleur van jou keuse.