- Harde werk 3/10
- Vaardigheidsvlak 3/10
- Tyd nodig ± 2 uur
Klaar grootte ± 1000 (h) x 1000 (b) x 400mm (d)
Wat jy nodig het
Inkopielys
- paletplanke van ± 20 x 90 mm, soos volg gesaag:
- agttien 1000mm-lengtes vier 210mm-lengtes
- agt 400mm-lengtes
- vyf 1040mm-lengtes
- palet-drabalke van ± 40 x 75 mm, gesaag in drie 350mm-lengtes
- honderd en twintig 6mm x 40mm- spaanderbordskroewe
- 120-grint-skuurpapier
- 1,5m Weed-Gard (onkruidbeheer- materiaal beskikbaar by Mango Moon Trading)
Gereedskap
- koordlose boor en 3mm-boorpunt
- potlood
- figuursaag
- maatband
- 16mm-plaatboorpunt
- winkelhaak
- kramskieter
- skerp mes
So maak jy
1. Skroef die drie 350 mm- drabalke dwars oor vier 1000mm- planke vas – een drabalk op elke ent en een in die middel. Dit skep die bodem.
2. Sit drie 1 000 mm-planke langs mekaar neer en skroef ’n 210mm-plank haaks oor elke ent vas sodat daar 20mm speling aan die een kant is – dis waar die bodem moet inpas.
3. Skroef nou die voor- en agterkant aan die bodem vas.
4. Draai die struktuur onderstebo en skroef drie 400 mmplanke oor elke oop sy vas om die kis te voltooi. Skroef twee 1000mmplanke op elke hoek van die kis vas. Wenk Skroef eers die planke teen die kort sye en dan dié teen die voor en agterkant vas.
5. Meet en merk 200 mm van die onderpunt van die pote af en skroef ’n 400mmplank as rakstut onder die merk aan elke kant vas. Maak die kis regop staan, spasieer drie 1040mmplanke oor die stutte en skroef vas. Rond die kis se voor en agterkant af deur die oorblywende twee 1040mmplanke van onder af tot teen die bodem te skuif en vas te skroef. Skuur die hele kis liggies glad.
6. Gebruik die 16mmplaatboorpunt en boor ’n paar gate in die bodem van die kis vir dreinering. Voer nou die hele kis met die WeedGard uit en skiet dit met die kramskieter vas. Sny die oortollige Weed Gard met ’n skerp mes af.
- Onthou om gidsgate te boor – dit keer dat die hout splinter.
- Kyk uit vir ou palette by jou naaste mark of groente handelaar – dis groen en boonop bekostigbaar.
- Cape Boards Mickey Schwarz 021 981 0152, capeboards.co.za
- Cape Garden Centre 021 988 4137, capegardencentre.co.za
- Deon de Goede 084 589 5026, deondmc@gmail.com
- Hertex 0860 437 839, hertex.co.za
- Mango Moon Trading 031 766 3823, mangomooncc.co.za
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET