Foto’s Francois Oberholster l Stilering Marian van Wyk

PROJEKGIDS

Harde werk 5/10

Vaardigheidsvlak 5/10

Tyd nodig 3 uur

Maak dit vir ± R795: Hout vir basis en rande R685, skroewe R10, Alcolin Fast Set Glue R30, skuurpapier R10, houtvuller R60

PROJEKNOTAS

• Maak die pote uit oorskiethout of koop dit klaar by ’n verskaffer soos Gelmar.

• Skuur al die planke vooraf en boor gidsgaatjies waar nodig. Meubels en dekorbykomstighede van De Mooij Interior Design; ronde mat van Coirtex

Wat jy nodig het

MATERIAAL

• gelamineerde-dennehoutplank met mate: 960 x 460 mm (basis)

• 22 x 94 mm- geskaafde donker hout soos meranti, gesaag in: twee 1 000 mm- en twee 500 mm-planke (tafelrande)

• vier pote, sowat 400 mm hoog

• oorskiethout in ’n ligte kleur, gesaag in: sewe 400 x 22 x 69 mm-planke sewe 330 x 22 x 44 mm-planke

• oorskiethout in ’n donker kleur, gesaag in: sewe 325 x 22 x 69 mm-planke sewe 370 x 22 x 44 mm-planke

• houtvuller in ’n kleur of kleure wat by die hout pas

• Alcolin Fast Set Glue

• ’n pakkie 6 mm x 50 mm-skroewe • 220-grint-skuurpapier

GEREEDSKAP

• koordlose boor en 3 mm-boorpunt

• figuursaag

• potlood

• maatband

• winkelhaak

• spykergeweer

• verdiepskaaf en vlaksny-punt

Só maak jy...

DIY

1 Merk die dennehout-basisplank se middellyn en trek 45-grade-lyne by die een ent (sien skets 1). Begin met ’n 69 mm-ligthoutplank en posisioneer dit op die lyn; plaas dan ’n 69 mm-donkerhoutplank haaks teen die ent van die ligter plank (sien skets 2). Merk en saag die driehoek van elke plank wat oor die basis steek, af. Lym en skiet die planke op hul plek vas.

WENK
Posisioneer eers al die planke en saag die nodige hoeke af voordat jy dit begin vassit.

2 Volg met ’n 44 mm-donkerhoutplank langs die eerste ligte plank en ’n 44 mm-ligtehoutplank haaks daarmee langs die eerste donker plank. Herhaal dié patroon totdat die hele basis bedek is. Gebruik die verdiepskaaf en rond die plankrande netjies af, gelyk met die basis.

WENK
Strooi sout oor die gom – dit keer dat die plank rondskuif terwyl die gom nat is.


3 Saag albei ente van die vier 22 x 94 mm-donker tafelrande teen 45 grade. Lym en skroef die rande rondom die tafelblad vas met die 6 mm x 50 mm-skroewe terwyl jy seker maak dat die rande gelyk met die bokant van die blad is.

4 Draai nou die blad om, sit ’n poot in elke hoek en boor die nodige gidsgate deur die tafelrande. Lym en skroef die pote op hul plek vas. Vul alle skroefgate en gapings tussen die planke met die gepaste houtvuller. Wag totdat die houtvuller droog is en skuur dan alles deeglik. Vernis die hele tafel in die afwerking van jou keuse. 

Hout verskaf deur Timbercity

KONTAKTE EN VERSKAFFERS

Coirtex 021 762 2227

De Mooij Interior Design 082 674 0662

Deon de Goede 084 589 5026, deon@diydeon.co.za

Gelmar