PROJEKNOTAS
• As jy geld wil spaar, kan jy ’n bokkie koop en ’n ou deur of afvalplank gebruik as werkblad – dan hoef jy net die twee kassies te maak.
• Meet twee keer, dan saag jy net een keer.
• Skuur jou planke vooraf.
• Onthou om gidsgaatjies te boor.
Harde werk 4/10
Vaardigheidsvlak 4/10
Tyd nodig 1 tot 2 uur
Maak dit vir ± R1 300:
Hout R1 170,
skroewe R20,
gom R30,
skuurpapier R10,
houtvuller R30,
skarniere R20
Wat jy nodig het
INKOPIELYS
• 22 x 95 mm- geskaafde dennehout, gesaag in: vier 765 mm-lengtes (bokkiepote) vier 600 mm-lengtes (bokkie se dwarsstutte)
• 18 mm-laaghout in die volgende groottes: een 400 x 400 mm (bokkie-rak) vier 680 x 300 mm (kassie-sye) vier 300 x 300 mm (kassies se bodem en -bokant) twee 644 x 300 mm (kassies se rugkante) twee 300 x 280 mm (kassierak) een 1 800 x 650 mm (blad)
• dennehoutvuller • Alcolin Fast Set Glue
• een pakkie 6 mm x 50 mm-spaanderbordskroewe
• 150-grint-skuurpapier
• twee 100 mm-plaatskarniere
• een pakkie rakspykers
GEREEDSKAP
• koordlose boor en 3 mm-boorpunt
• potlood
• maatband
• winkelhaak
• hamer
Só maak jy: Eers 'n bokkie...
1 Lê twee van die 765 mm-pote parallel met mekaar neer en maak op elkeen ’n merk 100mm van die “onderste” ent af. Plaas ’n 600 mm-dwarsstut haaks en gelyk met die “boonste” ent van die twee pote en skroef dit vas; skroef nog ’n dwarsstut by die 100 mm-merke vas. Herhaal en maak nog so ’n struktuur. Plaas die twee strukture teen mekaar en skroef die plaatskarniere tussenin vas.
2 Skroef twee oorskietstukkies dennehout onderaan die 400 x 400 mm-laaghoutrak vas.
Dan twee kassies...
3 Merk die dikte van die bodem en bokant oor die 680 x 300 mm-sye en boor gidsgaatjies. Lym en skroef ’n 300 x 300 mm-bodem en -bokant haaks tussen twee sye vas. Plaas ’n 644 x 300 mm-rugkant binne-in die raam en skroef vas om die kassie te voltooi.
4 Skroef vier 70 mm-oorskietblokkies hout onderaan die kassie vas as pote.
5 Merk hoe hoog jy die rak in die kassie wil hê en kap rakspykers by dié merke in die sye. Plaas die 300 x 280 mm-rak op die rakspykers. Herhaal stap 3–5 en maak nog so ’n kassie.
Afronding
Vul alle skroefgate met houtvuller en laat dit goed droog word; skuur die hout deeglik. Maak die bokkie op sy plek staan en “haak” sy rakkie oor die dwarsbalke. Posisioneer die twee kassies ’n ent verder met een se rug teen die ander se sy, en sit die blad bo-oor.
Die twee los kassies waarop die blad aan die een kant rus, kan ook as bedkassies dien.
@home 0860 576 576
Baraka Gifts & Decor 021 425 8883
Deon de Goede 084 589 5026, deon@diydeon.co.za
MRP Home 0800 212 535
Skinny laMinx 021 424 6290
Weylandts 0860 103 400
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET