Foto’s Francois Oberholster | Stilering Marian van Wyk

Wat jy nodig het

INKOPIELYS

  • ronde spieël, 300 mm in deursnee
  • 18 mm-laaghout, gesaag in ’n ronde skyf, 600 mm in deursnee
  • 2 m gegalvaniseerde hoepelyster
  • twee pakkies 6 mm x 40 mm-spaanderbordskroewe
  • spieëlgom
  • 2 klinknaels
  • een sak braaistompies, in skywe van ± 30 mm dik gesaag (rooikrans is die beste)
  • prent-hakie

GEREEDSKAP

  • koordlose boor, 3 mm- en 4,8 mm-boorpunt en 25 mm-plaatboorpunt
  • figuursaag
  • potlood
  • maatband
  • klinknaelgeweer
  • ystersaag
  • knyptang
PROJEKGIDS
  • Harde werk 4/10
  • Vaardigheidsvlak 3/10
  • Tyd nodig 1 tot 2 uur
  • Maak dit vir ± R200: Hout R20, skroewe R30, hoepel-yster R23, braaistompies R60, spieël R50, spieëlgom R20, foto-hakie R2

Só maak jy...

1 Buig die hoepelyster sodat dit styf om die spieël se rand pas. Knyp die hoepel vas en saag dit korter sodat die twee punte met ongeveer 60 mm oorvleuel. Boor twee 4,8 mm-gate waar dit oorvleuel en heg met klinknaels.

2 Merk die spieël se posisie in die middel van die houtskyf en plak dit vas met spieëlgom. Posisioneer die hoepel rondom die spieël.

3 Rangskik die braaistompies reg rondom die spieël, boor ’n gidsgaatjie in die ronde plank vir elke stompie en skroef dit van agter af vas. Hierdie deel is tydrowend, aangesien jy die stompies een vir een moet uitsoek om die spasies tussen hulle eenvormig en so klein moontlik te hou. Boor ook op 3 plekke (eweredig uit mekaar) gidsgaatjies deur die hoepel tot in die stompies en skroef vas sodat die hoepel op sy plek bly.

4 Draai die spieël om en merk waar die prenthakie moet kom. Boor ’n vlak gaatjie met die platboor sodat die spieël plat teen die muur kan hang. Skroef die hakie op sy plek vas – die “lussie” moet reg oor die vlak gaatjie wees.

Projeknotas
  • Onthou om gidsgaatjies te boor.
  • Doen enige skuurwerk vooraf.

KONTAKTE