Foto’s Francois Oberholster | Stilering Marian van Wyk

PROJEKGIDS

Harde werk 5/10

Vaardigheidsvlak 4/10

Tyd nodig 2 tot 3 uur

Maak dit vir ± R4 500:

Hout R1 800;

skroewe R80;

gom R40;

skuurpapier R10;

staal R370;

spoor, wiele, gidse R2 200

PROJEKNOTAS

• Pleks van soliede hout te gebruik, word die deurpanele met stroke laaghout opgebou.

• Die aanwysings en materiaal is vir twee deure van 2300 x 1000mm elk. Pas die mate en hoeveelhede aan volgens jou behoeftes.

• Skuur die individuele houtstroke vooraf.

• Indien jy self sweis, dra jou sweishelm.

Wat jy nodig het

INKOPIELYS

• 18 mm-laaghout, soos volg gesaag: 250 lengtes van 35 x 995 mm

• Alcolin Fast Set Glue

• tien pakkies 6 mm x 40 mm-spaanderbordskroewe

• 150-grint-skuurpapier

• ses en dertig 6 mm x 30 mm-spoorskroewe

• 40 x 40 x 3 mm-hoekyster in die volgende lengtes: vier 2 300 mm vier 1 000 mm

• ysterspoor met stoppers, wiele en gidse

GEREEDSKAP

• koordlose boor, 3 mm- en 4 mm-boorpunt

• elektriese boor en 10 mm-betonboorpunt

• potlood

• maatband

• sweismasjien

Só maak jy ...

1 Werk met vier 995 mm-laaghoutstroke op ’n slag. Lê die planke langs mekaar op jou werkoppervlak neer en boor vier gidsgaatjies in elkeen. Wissel die posisie van die gaatjies af sodat die skroewe nie op mekaar beland nie (sien tweede foto). Lym en skroef die planke een vir een op mekaar vas. Herhaal met die volgende vier en gaan so voort totdat die deurpaneel die verlangde grootte is.

2 Voltooi die rame deur die hoekysterlengtes by die hoeke aan mekaar vas te sweis (of laat doen dit by jou naaste grofsmid). Verf die raam indien verkies. Plaas nou die raam bo-op die deurpaneel en skroef dit daaraan vas met die spoorskroewe. Plaas die wiele in posisie en skroef dit ook vas met die spoorskroewe.

3 Merk die posisie vir die spoor teen die muur en maak seker dat dit waterpas is. Boor die nodige gate en skroef die spoor teen die muur vas. Haak die deure op die spoor en maak seker dat dit seepglad gly. Skroef ’n gids vir elke deur op die vloer vas – dit hou die deure op koers.

VERSKAFFERS

Block & Chisel 021 691 0878

Deon de Goede 084 589 5026, deon@diydeon.co.za

Haus 021 914 3390

The Barndoor Shack 071 683 1328