Foto’s Karl Rogers en Francois Oberholster | Stilering Marian van Wyk

PROJEKGIDS
  • Harde werk 3/10
  • Vaardigheidsvlak 3/10
  • Tyd nodig 1 tot 2 uur
  • Maak dit vir ± R1 000: Hout R850, skroewe R30, rolwiele R80, skarniere R12

Wat jy nodig het

INKOPIELYS

  • 18 mm- gelamineerde dennehout, gesaag in: een 1 000 x 340 mm-paneel (bodem) twee 1 000 x 330 mm- panele (voor- en agterkant) vier 300 x 330 mm-panele (sye en afskortings)
  • vier geskaafde dennehoutplanke van 3 000 x 22 x 44 mm, in die volgende lengtes gesaag: agt 1 060 mm en twee 345 mm (deksel)
  • vier 50 mm-rolwiele
  • twee plaatskarniere
  • twee pakkies 6 mm x 40 mm-spaanderbordskroewe

GEREEDSKAP

  • koordlose boor en 3 mm-boorpunt
  • potlood
  • winkelhaak
  • maatband
Projeknotas
  • Onthou om gidsgaatjies te boor.
  • Skuur jou planke vooraf.

Danksy die afskortings kan jy jou vuil wasgoed reeds met die ingooislag volgens kleur verdeel.

Só maak jy ...

1. Lym en skroef die sye (twee van die 300 x 330 mm-panele) haaks op die ente van een van die 1 000 x 330 mm-panele vas; posisioneer die afskortings eweredig tussen die sye en skroef vas. Plaas die ander 1000 x 330 mm-paneel teen die ente van die afskortings en sye en skroef dit daaraan vas. Voltooi die kis deur die 1 000 x 340 mm-bodemplank vas te lym en te skroef.

2. Maak die deksel-raam deur twee van die 345 mm-planke op die ente van een van die 1 060 mm-planke vas te skroef. Posisioneer die oorblywende 1 060 mm-planke eweredig oor die raam; lym en skroef almal vas terwyl jy seker maak die deksel bly deurentyd haaks.

3. Sit die deksel onderstebo neer en keer die kis daarop om, met die agterkante gelyk; maak seker dat die deksel ewe ver aan die kante verbysteek. Heg die deksel aan die kis deur die skarniere aan albei vas te skroef. Skroef ook ’n rolwiel op elke hoek vas. Vul alle sigbare skroefgate met houtvuller en skuur dit glad sodra dit goed droog is. Verf of vernis die kis in die kleur of afwerking van jou keuse.

Dis in die detail
Die verfkenners van Chisel & Chalk het die binnekant van die kis geverf met Tjhoko Paint in kleure wat aandui watter wasgoed hoort waar: Cloud White (wit) en Lourain’s Cream (room); Rose (ligpienk), Reddish Mellow (donkerpienk), Bright (geel) en Nade (groen); Sherif’s Stone (swart), Cement Grey (grys) en ’n 70/30-mengsel van Matt Black en True Blue (blou).

Mat en grys hammam- handdoeke van Weylandts; pienk handdoeke van WoolworthsHout verskaf deur BUCO

KONTAKTE EN VERSKAFFERS

Mat en grys hammam- handdoeke van Weylandts; pienk handdoeke van Woolworths. Hout verskaf deur BUCO.